Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in en om die Waterberg?

Die Pos se lesers sal onthou dat Rudi Bosch nie te lank gelede nie die Groot Vraag vir Sindy Viviers in Die Pos se Ons Hoor-kolom gevra het. Die vraag is gepubliseer en die ring was met ’n lintjie aan haar seuntjie, Janco, se arm vasgemaak terwyl hy die betrokke uitgawe van die koerant vir haar geneem het om te lees. Sy kon haar oë nie glo toe sy die huweliksaanbod in Die Pos lees nie. Sy het natuurlik dadelik ja gesê en hier is die pragtige troufoto nou. Die gelukkige paartjie is einde verlede jaar in Modimolle in die eg verbind. Hoewel hulle deesdae in Pretoria woon, wou hulle graag die goeie nuus met vriende en familie in die omgewing deel.

 

Die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF) het op Donderdag 14 Februarie vir die inwoners van Bela-Bela ’n spoggerige Valentynsete voorgesit ter stuiwing van hul hulpfonds. Die voorslagvroue wat hierdie feesmaal voorberei het, is Elsie Oosthuizen, Jasmyn Koekemoer, Elisa Bosielo, Rose Baloy, Bets Strydom, Stephanie Henning, Rika Kruger, Susan de Klerk en Martie Raubenheimer.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button