GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong se atlete het hul staal op Vrydag 15 Februarie by die distrikskampioenskap in Mokopane gewys. Cheline van Jaarsveld (gewigstoot) en Waldo Hoffmann (hoogspring) het albei deurgedring na die Limpopo-kampioenskap wat op 8 en 9 Maart gehou word. Mia Botha (regs) het in albei haar items (60 m en 80 ) medaljes gewen. Sy kan egter nie aan die provinsiale kampioenskap deelneem nie omdat dit slegs vir atlete bo 10 jaar is.

 

Mikayla Smith van Laerskool Tuinplaas het ’n goue medalje in gewigstoot vir meisies o.12 tydens die area-atletiekbyeenkoms op Saterdag 9 Februarie by Laerskool Thabazimbi verower. Sy het deurgedring na die streekbyeenkoms wat op Vrydag 15 Februarie by Laer-skool Krugerpark in Mokopane plaasgevind het.

 

Laerskool Vaalwater se netbal- en rugby-seisoen het die afgelope week in alle erns afgeskop. Die afrigting vir die juniors word deur Chenelle Brits behartig wat hier wys dat die Valies darem nie alles vergeet het wat hulle die vorige seisoen geleer het nie. Hier probeer Nicci Bodenstein verhoed dat La-Nika Viljoen die bal kry.

 

Die Valies is trots op dié twee gr. 7-leiers wat op Saterdag 9 Februarie goed presteer het by die area-atletiek-byeenkoms by Laerskool Thabazimbi en na die distriksbyeenkoms in Mokopane deurgedring het. Hier staan Charné Verster (diskus) en Almica Snyders (gewigstoot).

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button