Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in en om die Waterberg?

’n Inwoner van die Kokanje-aftreeoord buite Modimolle, Louis van Dyk, het op Maandag 18 Februarie 100 jaar oud geword. Sy broer, Peet, wat in Bronkhorstspruit woon, het op Woensdag 23 Januarie sy 95ste verjaardag gevier. Die familie het op Saterdag 16 Februarie ’n heerlik gesellige byeenkoms op ’n plaas tussen Marble Hall en Roedtan gehou om hierdie mylpaalverjaardae te vier. Op die foto is die Van Dyk-broers wat saam amper twee eeue se ervaring het. Links is Peet (95) en regs Louis (100).

 

Die senior inwoners van Tuintuiste-aftreeoord in Bela-Bela het op Donderdag 14 Februarie ’n behoorlike en romantiese Valentynsdag gevier. Die oord se saal was pragtige in wit en rooi getooi en daar was oral rooi harte. ’n Smaaklike driegangmaaltyd is voorgesit. Die gaste met hul uitbundige geesdrif het hulle nie gesteur aan Eskom se beurtkrag nie en eenvoudig kerse aangesteek en heerlik verder gekuier. Op die foto is Annetjie Meiring en Kobus Snyman tydens die geleentheid.

 

The Rotary Club of Warmbaths had a visit of dignitaries from Hasselt, Belgium, representing the Kiewitfonds, an international charity organization. The delegation consisted of the president of the Kiewitfonds and five other board members who, together with the Rotary Club, plan to undertake charity work in Bela-Bela and surrounding areas. On the photo are Luc Vertessen (Kiewitfonds), Valère Knaepen (president of the Kiewitfonds), JP Schwartz (President of the Rotary club of Warmbaths), Hans Vanrompaey (Kiewitfonds), Mark Rainier (Rotarian and Kiewitfonds coordinator for Bela-Bela), Johan Adams (Rotarian), Jana Peeters (Kiewitfonds) and Drummond Hammond (Rotarian).

 

Die Dameskring Olientak in Modimolle het tydens hul takvergadering op Maandag 18 Februarie besoek van APA-ambulansdienste ontvang. Die vroue het inligting gekry wat benadruk hoe belangrik dit is om ’n noodhulpkassie te hê en hoe om noodhulp toe te pas. Die Dameskring bied op Saterdag 9 Maart ’n skryfskool aan en op Saterdag 11 Mei ’n ma-en-dogteroggend vir hoërskoolmeisies. Die volgende takvergadering word op Maandag 11 Maart gehou. Belangstellendes kan vir Alita Rose bel by tel. 082 552 8049.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button