Community galleriesGalleries

FOTOGRAFIE: In fokus

Die wêreld vasgevang deur ’n kameralens.

Pieter Nel se foto “Scouting” was ’n kategoriewenner en het ’n meriete-toekenning ontvang tydens die Bosveld-fotografieklub se byeenkoms. Vir meer inligting oor die klub bel vir Lizelle Koch by tel. 082 772 2006.

 

Hannes Koch se foto “Lekubu Sunrise” was ’n kategoriewenner tydens die Bosveld-fotografieklub se maandelikse byeenkoms. Die klub kom een keer ’n maand in Modimolle bymekaar. Vir meer inligting bel vir Lizelle Koch by tel. 082 772 2006 of stuur ’n e-pos aan bfotografieklub@gmail.com.

 

Die foto “Assassin bug” met sy fyn besonderhede is deur Ancia du Plessis geneem. Sy is as kategoriewenner aangewys tydens die Bosveld-foto-grafieklub se byeenkoms in Modimolle. Die klub kom een keer ’n maand bymekaar. Vir meer inligting bel vir Lizelle Koch by tel. 082 772  006 of stuur ’n e-pos na die adres bfotografieklub@gmail.com(.)

 

Hierdie pragfoto van inkalelies van Alma Hoon is tydens die Warmbad-fotografieklub se Februarie-maandvergadering met ’n merietetoekenning in die driesterafdeling bekroon. Die klub vergader elke eerste Dinsdag van die maand om 18:00 by die AP Kerk op die hoek van Katjiepiering- en Huilboslaan in Bela-Bela. Belangstellendes is baie welkom. Vir meer inligting bel vir Gerda de Bruto by tel. 082 563 4725.

 

Ursula Celliers was ’n kategoriewenner en het ’n merietetoekenning ontvang vir haar pragtige inskrywing “Between you and me” tydens die Bosveld-fotografieklub se maandelikse byeenkoms. Die klub kom een keer ’n maand in Modimolle bymekaar. Vir meer inligting bel vir Lizelle Koch by tel. 082 772 2006 of stuur ’n e-pos na die adres bfotografieklub@gmail.com(.)

 

Die foto “Proud Bateleur” wat deur Hennie Louw se kameralens vasgevang is, is aangewys as ’n kategoriewenner en het ’n merietetoekenning ontvang tydens die Bosveld-fotografieklub se maandelikse byeenkoms in Modimolle. Vir meer inligting bel vir Lizelle Koch by tel. 082 772 2006 of stuur ’n e-pos aan bfotografieklub@gmail.com(.)

 

Lizelle Koch se foto “Cos-mopolitan City of Dubai” is as kategoriewenner, sowel as junior maandwenner aan-gewys tydens die Bosveld-fotografieklub se maandelikse byeenkoms in Modimolle. Vir meer inligting bel vir Lizelle Koch by tel. 082 772 2006 of stuur e-pos na die adres bfotografieklub@gmail.com(.)

 

Ancia du Plessis se foto “Bicycle boy” het haar ’n plek as kategorie-wenner besorg tydens die Bosveld-fotografieklub se maandelikse byeenkoms in Modimolle. Vir meer inligting bel vir Lizelle Koch by tel. 082 772 2006 of stuur ’n e-pos aan bfotografieklub@gmail.com

 

Die Warmbad-fotografieklub het hul Februarie-maandvergadering gehou en die wenners van die onderskeie kategorieë is aangewys. Michelle Rootman was ’n wenner van ’n merietetoekenning in die driesterafdeling met hierdie foto “Bok-bok staan styf”. Die klub vergader elke eerste Dinsdag van die maand om 18:00 by die AP Kerk op die hoek van Katjiepiering- en Huilboslaan in Bela-Bela. Belangstellendes is baie welkom. Vir meer inligting bel vir Gerda de Bruto by tel. 082 563 4725.

 

Bela-Bela het beslis geen tekort aan talentvolle fotograwe nie. Die Warmbad fotografieklub het tydens hul Februarie-maandvergadering aan Michelle Rootman ’n merietetoekenning in die driester-afdeling toegeken vir haar foto van ’n plaaswerf. Die klub vergader elke eerste Dinsdag van die maand om 18:00 by die AP Kerk op die hoek van Katjiepiering- en Huilboslaan in Bela-Bela. Belang-stellendes is baie welkom. Vir meer inligting bel vir Gerda de Bruto by tel. 082 563 4725.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button