Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in en om die Waterberg?

Inwoners in Boshoffstraat in Modimolle is radeloos met die swak toestand van die pad. “Die trokkie wat die gate herstel, ry telkens deur al dié gate om ander gate in die omgewing te gaan herstel. Ons hoop regtig dat ons ook binnekort ’n beurt sal kry,” het ’n inwoner aan Die Pos gesê.

 

Die polisie in Mookgophong het beslag gelê op vermoedelik gesteelde goedere by ’n huis in sektor 1. Twee verdagtes is aangekeer. AO George Ledwaba het lesers gevra om die polisiestasie in Mookgophong te kontak indien enige van die items op die foto aan hulle behoort. Skakel hom by tel. (014) 743 9000.

 

Die Warmbad-fotografieklub het sy nuwe bestuur vir 2019 verkies. Voor is Hennie Ludik, voorsitter, en Gerda de Bruto, tesourier, en agter is Alma Hoon, sekretaresse, en Wilna Venter, addisionele lid. Die klub vergader elke eerste Dinsdag van die maand om 18:00 by die AP Kerk op die hoek van Katjiepiering- en Huilboslaan in Bela-Bela. Belangstellendes is welkom. Vir meer inligting bel vir Gerda de Bruto by tel. 082 563 4725.

 

Die VLU gee graag erkenning aan lede wat bygedra het tot die uitbou van hierdie organisasies. Dit was vir die Settlers VLU tak ’n voorreg om tydens die laaste takvergadering erelidmaatskaptoekenning toe te ken aan drie lede wat al vir 50 en meer jare hul gemeenskap dien. Op die foto is Reinette Dykema, Isabel Groothof en Jo Weir.

 

Die Settlers VLU het hul eerste vergadering afgeskop met ’n lekker ontbyt by ’n nuwe koffiewinkel buite Modimolle. Louise Buys, hoof van die “School of the Word” wat deel uitmaak van die Konoinia Family Church in Modimolle, het ’n inspirerende, geesvervulde boodskap gebring dat vroue vreesloos moet leef. Op die foto is Buys en Sonja Weideman, lid van die VLU.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button