GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Hoërskool Warmbad se swemmers het verlede naweek aan die Limpopo-swemkampioenskap in Polokwane teen 12 skole deelgeneem. Die Warries het as die amptelike wenners uitgetree. Op die foto is die medaljewenners Niel du Plessis, Ngozi Anyanwu, Christiaan Jooste, Bongani Tshabalala, Lara Daling, Ben Verster en Daniel Verster.

 

Heinrich Steffen van Hoërskool Nylstroom het uitgeblink tydens die onlangse Nylstroom-kringatletiek-byeenkoms. Hy het eerste plekke behaal in gewigstoot, diskus en spiesgooi vir seuns o.15. Hy het ook die bestaande rekord vir diskus verbeter tydens die skool se onlangse vriendskaplike byeenkoms teen Hoërskool Louis Trichardt en Prestige College. Foto: Herman Steyn

 

Zhaneardt Grahan van die Waterbergskool vir CVO in Modimolle het op 1 en 2 Februarie aan die Limpopo-skole se swemkampioenskap deelgeneem. Altesame 27 skole met 230 swemmers het aan die kampioenskap deelgeneem. Zhaneardt het aan agt items deelgeneem en twee eerste plekke, vier tweede plekke en twee derde plekke behaal. Hy het ook die rekord vir seuns o.12 in die 50 m-borsslag verbeter.

 

Die Waterbergskool vir CVO se topatlete vir 2019 is Henco Meyer (junior Victor Ludorum), Mariska Kruger (senior Victrix Ludorum), Cecil Botha (senior Victor Ludorum) en Glaudette Schoonraad (junior Victrix Ludorum).

 

Laerskool Vaalwater het op Vrydag 1 Februarie die kringatletiekbyeenkoms op hul bane aangebied. Daar was 10 deelnemende skole. Die Valies het behoorlik bont gestaan om al die reëlings te tref. Die atletiek was puik en die welkome reën wat so teen 15:00 geval het, kon nie ’n demper op die sportmangees plaas nie. Op die foto is die o.9-seuns se wedloop. Johan Lochner is die afsitter en Leonard Vorster (skoolhoof) kyk dat alles glad verloop.

 

The National Archery in The Schools Programme (NASP) were held at Waterberg Academy in Vaalwater on Saturday 26 January. The instructors were Pierre and Ciska Leonard. Shannon Carlton received his certificate from Lachné Lotter (educator) after achieving a meritorious 98%. The candidates have to teach at least one Basic Archery Instructor (BAI) course every two years. A group of 18 parents, educators and learners successfully became BAI managers. Shannon is a Grd 12 learner and is currently a junior Protea in archery.

 

Die Warmbad-rolbalklub was op Woensdag 23 Januarie die gasheer van die jaarlikse Nuwejaarstrofee-toernooi waaraan 10 driespelspanne van Modimolle en Bela-Bela deelgeneem het. Die spanne het die punte ingeryg ongeag die vreeslike hitte. Die Warmbad-klub het die wentrofee verower met ’n punteverskil van +72. Op die foto ontvang Stephanie Vermeulen, president van die Warmbad-klub, die wentrofee van Tiaan Peens van Waterberg Toyota. Die fondsinsameling ten bate van die kankervereniging was baie suksesvol.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button