GalleriesSchools galleries

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele uitblinkers.

Die twee Bodenstein-sussies stap vanjaar by Laerskool Vaalwater met die die junior en senior Victrix Ludorum-trofeë weg. Op die foto wys die wenatlete hul trofeë tydens saalopening. AJ Oelofse is die junior Victor Ludorum, Deiondré Bodenstein die senior Victrix Ludorum, Owen Buermann die senior Victor Ludorum en Dermioné Bodenstein die junior Victrix Lodurum.

 

Waterberg Academy in Vaalwater is proud of Nomusa Funyufunyu, a Grd 7 learner. Nomusa was presented with a silver certificate for her outstanding performance in the Independent Examination Board (IEB) Grd 6 Core Skill Test. This is an international benchmark test, for Grd 6 learners, which tests skills like problem solving and analytical thinking. Ciska Leonard (maths and science educator), proudly acknowledges Nomusa’s achievement.

 

Dié 15 personeellede van Laerskool Vaalwater het op Donderdag 31 Januarie almal toevallig blou aangehad. Die skoolhoof, Leonard Vorster, het by nadere ondersoek vasgestel dat daar geen “sameswering” was — net blote toeval.

 

Die gr. 1-leerders van Jinnah Park Primary School en Amanda van Vuuren (skoolhoof) wys hoe in hul noppies hulle is met die nuwe leesboeke wat deur Hoërskool Warmbad aan hulle geskenk is. Foto: Herman Steyn.

 

Die Euphorbiaskool in Mookgophong se leerders het met dankbare harte toegekyk hoe ’n boorgat op die skoolterrein gesink word en ’n sterk stroom water lewer. Nou weet die Euphorbia-leerders hulle sportveld gaan sommer vanjaar nóg mooier wees.

 

Die Waterbergskool vir CVO in Modimolle het die nuwe jaar met ’n span nuwe onderwysers afgeskop. Engeli Prinsloo hanteer die gr. 3-klas, Marthinette Vermaak bied kuns en kultuur vir leerders van gr. 4-11 aan en Marika Grobler bied lewenswetenskap vir gr. 10- 12 aan en landboubestuur vir gr. 10 en 11 aan.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button