GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Soms lewer krieket ook grappige situasies op. Adriaan du Plessis sal beslis deur sy spanmaats vir hierdie brouvangskoot uitgehaal word. Du Plessis is deel van die Modimolle dorpspan wat die Waterberg-distrik se ligawenners is. Foto: Herman Steyn

 

Die krieketspan van Modimolle-dorp is die afgelope seisoen die ligawenners van die Waterberg-distrik. Hulle sien met afwagting uit na die nuwe seisoen om weer kookwater krieket te speel. Hier is die span nadat hulle tydens die laaste wedstryd, wat op Settlers plaasgevind het, met die span van Bela-Bela afgereken het. Foto: Herman Steyn

 

Die B-afdeling-wenners was die tuisspan van Die Oog. Hulle is Piet Pelser, Fi Matfield, Jan Ludick, Tertius Uys en Buks Swart.

 

Die Oog se tuisspan het ook die C-afdeling gewen. Dié span het bestaan uit Hoffie Rossouw, Isabel van der Merwe, Flip Boshoff, Hanlie Booysen en Mannetjie Neethling.

 

Hierdie piepklein atlete van die Waterbergskool CVO in Modimolle wys dat hulle in die toekoms nog baie media-dekking vir sportprestasies gaan kry. Hulle is Simoné Erasmus, Lerize Botha, Suné Stapelberg, Bertus Marx, Amelia Erasmus en die boeties Pierre en Juané de Beer. Foto: Herman Steyn

 

Dié manne van Laerskool Nylstroom het mekaar die stryd aangesê in die “platresies” tydens die Nylies se interhuis-atletiekbyeenkoms wat by die skool gehou is. Johan van Heerden, Jaco Pretorius en Francois van der Merwe lê hier oop wenpaal toe. Foto: Herman Steyn

 

Die nuwe turbospies-item het tydens Laerskool Vaalwater se interhuis-atletiekbyeenkoms op Vrydag 25 Januarie baie aftrek gekry. AJ Oelofse het met ’n rekordafstand van 16,8 m gewys dat hy en sy sussie, Mieke, gedugte teenstaanders is en dat hulle weer vanjaar die provinsiale span wil haal. Mieke het ’n eerste plek behaal met ’n afstand van 11,8 m vir meisies o.8. Op die foto is A.J. Oelofse (eerste), Glen Dorfling (tweede), Nico Dercksen (derde) Jacobus Schabort (vierde) en Marnes Scheepers (vyfde).

 

Die blou en geel spanne van Laerskool Vaalwater het sake behoorlik uitgespook tydens die skool se interhuis-atletiekbyeenkoms op Vrydag 25 Januarie. Die dirigente van die blou span is Wiets Botes (rug na die kamera), Frikkie Grobler, Makayla Keating en Almica Snyders. Die pawiljoene het behoorlik gedreun.

 

Laerskool Vaalwater se interhuisatletiekbyeenkoms het op Vrydag 25 Januarie vir groot opwinding gesorg. Die geel span se dirigente het gewys hulle ondersteun plaaslik deur ’n “Vaalwater Express” in te span. Dié donkiekarretjie se gehoorsame donkies het die aankoms van die Geles se dirigente seepglad laat verloop. Op die foto is Alec Saunders en J.J Seaman (voor). Agter is Charné Verster en Jessica van der Watt wat die leisels vir die span vashou.

 

Só lyk die dirigente van die Waterbergskool vir CVO wat gehoor het dat hulle span, die Wawiele, die wenspan van die interhuisatletiek is. Die stryd was tussen die Aalwyne en die Wawiele. Op die foto is Lesley Maritz, GP Meijer, Marioné van Rooyen en Kobus Engelbrecht.

 

Hier is die Waterbergskool vir CVO in Modimolle se topatlete: Henco Meyer (junior Victor Ludorum), Mariska Kruger (senior Victrix Ludorum), Cecil Botha (senior Victor Ludorum) en Glaudette Schoonraad (junior Victrix Ludorum).

 

Hannelie Oelofse, ’n ouer van Laerskool Vaalwater, het die leerders touwys gemaak in die nuwe turbospies-item. Hier word Sias Bezuidenhout (gr. R) gewys wat die korrekte tegniek is om ’n stewige houvas te kry. Die nuwe item maak voorsiening vir alle ouderdomme tussen 6 en 12 jaar.

 

Hoërskool Hans Strijdom het op Vrydag 18 Januarie tydens hul interhuisatletiekbyeenkoms puik atletiek opgelewer. Jan-Hendrik Ebersohn is aangewys as die senior Victor Ludorum, Janko van der Walt as die junior Victor Ludorum, Jana Nel was die junior Victrix Ludorum en Macayla Treurnicht die senior Victrix Ludorum.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button