Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in en om die Waterberg?

Die nuwe jaar het maar wankelrig vir die Bela-Bela-munisipaliteit afgeskop met indringende vrae wat tydens die eerste amptelike munisipale vergadering op Donderdag 24 Januarie gevra is. Van die sake op die agenda was onder meer die kwessie van munisipale personeel wat hul pligte versuim en die feit dat die munisipale webwerf steeds nie opgedateer is nie. Zachariah Moeletsi, speaker, het gesê dienslewering moet voorkeurbehandeling kry aangesien die publiek in werklikheid die raad se werkgewers is. Diensleweringsprobleme duik al hoe meer in die omgewing op. Tinus Ras, DA-raadslid, het salarisverhogings vir munisipale bestuurders aangeroer. Op die foto is die raadslede tydens die sitting.

 

Klub 60 in Bela-Bela het ’n nuwe bestuur vir 2019 verkies. André Zeeman, wat etlike jare klubvoorsitter was, het homself nie weer beskikbaar gestel nie. Die klub het hom bedank vir die afgelope drie jaar se harde werk en aansporing om die klub uit te bou. Die ledetal het onder sy voorsitterskap toegeneem. George Moir is as die nuwe klubvoorsitter verkies. Klub 60 se doel is om ’n sosiale platform vir afgetredenes te skep en nuwe vriende te maak. Op die foto is die nuwe bestuur: Voor is Tienie Briel, Jan du Toit en Leone Lombard. Agter is Johan Jordaan, George Moir, Roelf Swanepoel, Johani de Wall en Antoinette Reichert.

 

Janet Richardson was uiters benoud toe sy op Donderdag 24 Januarie haar handsak met waardevolle items in die Bosveld Mall se Pick ’n Pay-sentrum misplaas het. Tot haar verligting het Annah Malete, ’n kassier, op die handsak afgekom en dit aan haar afdelingshoof, Evah Sekgala, vir veilige bewaring oorhandig. Richardson was in die wolke toe hulle die handsak aan haar terugbesorg. Op die foto is Richardson (voor). Agter haar staan Malete en Sekgala.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button