GalleriesSchools galleries

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele uitblinkers.

Japsnoetjies Kleuterskool in Mookgophong het op Woensdag, 9 Januarie hul nuwe skooljaar met baie nuwe gesiggies begin.

Vanjaar gaan ons baie leer, lekker speel en regtig soet wees, is die belofte van (voor) Chrisné Jacobs, Rielizma de lange en Cara van Emmenis. In die middel is Izelke Nel, Wian van der Walt, Chloe Viljoen, Tenique van der Merwe en Ina-marie Fouche en agter is Elrindi van Aswegen, Nina Turvey, Pieter-Jay Storm, Wouter Venter en Mighael Denyssen.

 

Die vriendskapsbande is reeds gesmee tussen hierdie Japsnoetjies: Mia Meintjies, Leahlien Davies, Miane Loots, Livia Venter, Zhané van Heerden en Leila Potgieter.

 

Lizzy Stavrakis is nie hartseer omdat sy moet skool toe gaan nie, nee, sy is spyt die Desembervakansie is so gou verby. Dié foto is op die eerste skooldag by Laerskool Nylstroom geneem. Foto: Herman Steyn

 

Johannie du Plessis van Laerskool Nylstroom sê net gou weer vir mamma totsiens. Sy weet ’n skooldag kan lank wees en haar mamma gaan baie verlang. Dié foto is op die eerste skooldag by Laerskool Nylstroom geneem. Foto: Herman Steyn

 

George Barnard en Rosanda Badenhorst en die ander graad een maatjies van Laerskool Nylstroom sien uit na hierdie nuwe avontuur saam met Theresa Badenhorst, onderwyser. Foto : Herman Steyn

 

Hoërskool Warmbad is tydens die Bela-Bela-munisipaliteit se matriektoekennings by die Multipurpose Centre in die Bela-Bela township aangewys as die skool met die beste gr. 12-slaagsyfer in die kring. Die Warries se slaagsyfer was 96,55%. Jude Schabort van Hoërskool Warmbad het ’n kontantprys gewen as een van die toppresteerders in die kring. Jeremiah Ngobeni, Bela-Bela-burgermeester, het aan die 600 teenwoordiges bekend gemaak dat ’n nuwe TVET kollege voor die einde van die jaar in Bela-Bela geopen sal word. Op die foto is die skare tydens die geleentheid.

 

Bosveldspruitjies Kleuterskool in Bela-Bela het vier nuwe onderwysers verwelkom. Hulle is Mariska Labuschagne (Uiltjieklas), Tanya Smit (Eekhorinkie-klas), Jackie Humphries (Paddaklas) en Michelle Vos (musiek).

 

Laerskool Warmbad het twee nuwe personeellede in hul geledere. Op die foto is Tanya Jansen van Nieuwenhuizen (gr.1 W) en Elmie Potgieter (gr.1 L).

 

Die gr. 7-leiers van Laerskool Vaalwater het op Vrydag 18 Januarie op ’n leierskamp na die kampterrein van Babatle buite Lephale vertrek. Op die foto staan Lethabo Mokgoto (Joy) en Jessica van der Watt voor. Agter is Makayla Keating, Frikkie Grobler, Kyra le Roux (hoofmeisie), Janus Snyders, Almica Snyders en Charné Verster.

 

Laerskool Vaalwater het vanjaar twee gr. 1-onderwysers, Rebecca Mpepele en Chantal Jacobs. Hier is hulle saam met die graad eentjies van 2019 wat almal baie hard vir die interhuisatletiek van Vrydag 25 Januarie geoefen het.

 

Noekie van Niekerk, die gr. 1-onderwyser by Waterberg Academy in Vaalwater, doen baie moeite met klasversierings en haar verwelkomingsbriewe aan nuwe gr. 1-ouers. Hier staan Van Niekerk by Audrey Mabaso, Josua Badenhorst en Charlotte Callichy. Hulle pragtige tekeninge is klaar ’n goeie aanduiding van wat daar van hulle verwag word.

 

Die Waterbergskool vir CVO se graad 8-leerders pak die jaar met groot geesdrif aan. Dié leerders word op vriendelike wyse ingelyf vir hul tyd by die hoërskool. Hulle het vanjaar reeds saam met die senior leerders gaan kamp. Op die foto is Jo-Anne du Plessis, Marnes Janse van Rensburg en Annika Kruger.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button