GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Die Nylstroom-rugbyklub se uitblinkers in 2018 was Petrus van Staden (beste junior speler), Franscois Wyers en Steve Motsopi (beste vordering ), Tiaan Bestbier (veelsydigste speler), Bertus Laurens (meeste doele en veelsydigste speler) en Juandré Nieuwenhuis (speler van die jaar). Agter is Ockie de Jager (afrigter), Quentin Coetzer (toegewydste speler), Victor Brandford (oudste speler), Dirk Dippenaar (beste agterspeler en speler van die jaar), Jannie Venter (afrigter) en Glen Nelson (beste voorspeler). Waldo Bieldt (mees inspirerende speler), Herman Lange en Phillip Snyman (afrigters) was afwesig met die neem van die foto.

 

Ruiters van die Silver Saddles-ruiterklub het op Saterdag 12 Januarie aan ’n pretdag by die Berbon-stalle buite Bela-Bela deelgeneem. Die ruiters is onder meer touwys gemaak in tentpensteek en “Western Mounted Games” wat deur ervare ruiters aan hulle gedemonstreer is. Op die foto is ’n paar van die ruiters tydens die byeenkoms.

 

Gimnaste wat deel vorm van die Naboomspruit-gimnastiekklub het op gesellige wyse hul prysuitdeling gehou en goeie prestasies vir 2018 beloon. Voor op die foto is afrigter Landie van Wyk saam met die groep.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button