GalleriesSchools galleries

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele uitblinkers.

Laura Fuentes, een van Hoërskool Warmbad se topmatriekleerders in 2018, is op Vrydag 11 Januarie as die Waterberg-distrik se beste kandidaat in Afrikaans (eerste addisionele taal) aangewys. Die spoggeleentheid is by Forever Resorts Warmbaths in Bela-Bela gehou.

 

Niaan Taljaard, Laerskool Warmbad se hoofseun van 2013, het verlede jaar agt onderskeidings in die matriekeindeksamen behaal. Niaan het aan Hilton College in KwaZulu-Natal gematrikuleer en is deur die skool as die leerder van die jaar aangewys. Hy het erekleure in akademie verwerf, erekleure in rugby en was ook sy skool se Dux-leerder. Hy gaan vanjaar BSc aktuariële wetenskappe aan die Universiteit van Pretoria studeer.

 

Drikus Claassens (gr.4), Chloé Pringle (gr.5) en Henlu van der Heever (gr.7) van Laerskool Warmbad is gekies vir die Limpopo-span wat einde Maart aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap in die uitvoerende kunste in Rustenburg gaan deelneem. Die drie leerders sal in die sangafdeling meeding. Hulle is deel van Encore Studio.

 

Hierdie vier leerders van Laerskool Warmbad het aan die einde van 2018 hul Unisa-teorie-eksamen afgelê en puik punte behaal. Hulle is Marius Labuschagne (90%), Suzanne van der Linde (99%), Lourens Grobler (86%) en Annelie van der Linde (100%). Hulle is almal deel van die Hoërskool Warmbad-musieksentrum en word onderrig deur Hannelie Kriek.

 

Die ses nuwe gr. 1’s van Waterberg Academy in Vaalwater (voor) Audrey Mabaso, Charlotte Callichy, Faith Banda, Josua Badenhorst, Gianmarco Gualdi en Michael van Zyl het sommer vroeg kennis gemaak met die senior leerders. Die matrikulante van 2019, Jordan Hansen, Shannon Carlton, Megan Booysen, Boitumelo Mataboge, Roman Monoa, Michael Fourie, San-Marie Stegmann, Rebecca Banda en Nicolas Pieterse, het skoolstories en interessante feite van hul alma mater met die jongspan gedeel.

 

Hier is die ses nuwe gr. 1-leerders saam met drie van die matrikulante wat 11 jaar gelede self in Waterberg Academy in gr. 1 was. Hulle is Megan Booysen, Michael Fourie en die hoofmeisie, San-Marie Stegmann.

 

Chantal Robbertse, onderwyser by Laerskool Vaalwater, verwelkom haar gr. R-leerders. Sy het hulle op ’n besigtigingstoer geneem om hulle gou bekend te maak met die skoolterrein en dadelik welkom te laat voel as die klok lui. Die Valies is opgewonde oor al die nuwe leerders by die skool.

 

Academia Private School in Bela- Bela boasts with an intake of eight new Grd 1 learners in 2019. They are Alexis Lombard, Thuto Mashaya, Casey Labuschagne and Precious Chandakafambira. At the back are Thuto Mochusi, Dumisani Mahlaulo, Teboho Matjila and Zhea Maila.

 

Groot skool toe! Die Waterbergskool vir CVO in Modimolle se gr. 1’s het die jaar opgewonde begroet. As verwelkoming kon hulle die skoolklok voor die hele skool lui. Hul onderwyseres, Elana Harris, het haar B Prim Ed-graad aan die Universiteit van Pretoria verwerf en het 21 jaar se ondervinding agter die blad. Voor staan Almé van Deventer en in die middel is Juanel Visagie, Liani de Beer hou die klok vas en Jessica Hooneberg. Agter staan Koos van der Merwe en Kian Abrie.

 

Waterberg Academy in Vaalwater is proud to introduce their head boy and -girl of 2019, Boitumelo Mataboge and San-Marie Stegmann. They leave footsteps of admiration in their highly successful school years at the Academy and qualifies for the role of leaders by the example they set. Their first responsibility will be to incorporate the Grd 6 learners during their camp and in the upcoming academic year.

 

Academia Private School in Bela-Bela het hul nuwe hoofleier vir die jaar aangewys. Marang Mochusi is ’n matriekleerder wat vanjaar die leisels by dié privaatskool sal vat.

 

Laerskool Nylstroom verwelkom vier nuwe studente wat die onderwysers se hande sal versterk. Hulle is Brandon Neveling (Unisa), Raynard Jansen van Rensburg (Noordwes-universiteit), Bernice Groenewald (Unisa), Janco Venter (Aros-akademie) en Jurie Human (Unisa). Die mansstudente is by die gr. 4-7-leerders betrokke en Groenewald by die gr. 1-leerders.

 

Laerskool Vaalwater verwelkom hul nuwe gr. 1-juffrou, Chanel Jacobs (22). Jacobs het haar graad aan die Noordwes-universiteit se Potchefstroom-kampus voltooi. Sy is van Dullstroom afkomstig. Haar gunstelingsport is hokkie en haar leuse is: Dis nie hoe jy val nie, maar hoe jy opstaan wat die meeste tel.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button