Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in en om die Waterberg?

Die African Christian Democratic Party (ACDP) kry ’n nuwe baadjie in die Waterberg met ’n nuwe tak wat vir Mookgophong en omgewing gestig is. Dr. Ben Makhili, voorsitter van die provinsiale uitvoerende komitee (PUK) van die ACDP, was op Maandag 17 Desember by die stigtingsvergadering teenwoordig. Die ACDP streef na Christelike beginsels op regerings- en gemeenskapsvlak. Die ACDP-vroue, Women of Destiny, pak ook verskeie projekte aan om verligting in gemeenskappe te bring. Op die foto is dr. Ben Makili, Frikkie Louw en Albert Nepalama by die stigtingsvergadering. Agter is Livia Makabi, Alex van Rooyen, Lynette van Rooyen, Louise Basson, Rolana Woest, Izak Short en Leonie Louw. Vir meer inligting oor die ACDP bel vir Leonie Louw by tel. 072 1935 5509 of Billy Pring by tel. 082 455 5165.

 

Warmpatat: ’n Leser het hierdie foto aan Die Pos gestuur om te wys hoe die pad na die munisipale stortingsterrein einde verlede jaar gelyk het. Inwoners van Bela-Bela gebruik nou die toegangsroete as stortingsterrein. By navraag het die munisipaliteit gesê mense wat vullis buite afgebakende gebiede stort, maak hulself skuldig aan ’n oortreding. Inwoners word gevra om hul samewerking in dié verband te gee.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button