Community galleriesGalleries

FOTOGRAFIE: In fokus

Die wêreld vasgevang deur ’n kameralens.

Kranskop in al sy glorie. Mich Veldman het dié landmerk vroegoggend met sy lens vasgevang in die foto “Oggendstond”. Hy is as kategoriewenner aangewys tydens die Bosveld-fotografieklub in Modimolle se November-byeenkoms. Die klub kom een keer ’n maand bymekaar. Vir meer inligting, bel vir Lizelle Koch by tel. 082 772 2006 of stuur ’n epos aan bfotografieklub@gmail.com.

 

Hennie Louw was ’n kategoriewenner en het ’n meriete-toekenning ontvang tydens die Bosveld-fotografieklub in Modimolle se November-byeenkoms. Sy foto “Careful Mom” het hom die eerste plek in die kategorie besorg. Die klub kom een keer ’n maand bymekaar. Vir meer inligting, bel vir Lizelle Koch by tel. 082 772 2006 of stuur ’n epos aan bfotografieklub@gmail.com.

 

Hennie Louw se foto “Fish Eagle 4” met sy flinke tydsberekening was ’n kategoriewenner en het ook ’n meriete-toekenning tydens die Bosveld-fotografieklub se November-byeenkoms ontvang. Louw is ook as die junior maandwenner aangewys. Die klub kom een keer ’n maand bymekaar. Vir meer inligting, bel vir Lizelle Koch by tel. 082 772 2006 of stuur ’n epos aan na die adres bfotografieklub@gmail.com(.)

 

Willem Pietersen se foto “Jesse tackle” het die tweesterafdeling tydens die Warmbad-fotografieklub se Julie-byeenkoms gewen. Die Warmbad-fotografieklub vergader elke eerste Dinsdag van die maand in die AP-kerksaal op die hoek van Katjiepiering- en Huilboslaan. Vir meer inligting bel vir Lucille Swart by tel. 076 349 2554 of vir Gerda de Bruto by tel. 082 563 4725.

 

Elize Kruger se foto “Kremetart” het haar ’n plek as kategoriewenner besorg tydens die Bosveld-fotografieklub se Oktober-byeenkoms. Die klub kom een keer ’n maand bymekaar. Vir meer inligting bel vir Lizelle Koch by tel. 082 772 2006 of stuur ’n e-pos na die adres bfotografieklub@gmail.com(.)

 

Dawie Maree se foto “Mine” het hom ’n plek as kategoriewenner besorg tydens die Bosveld-fotografieklub se Oktober-byeenkoms. Die klub kom een keer ’n maand bymekaar. Vir meer inligting bel vir Lizelle Koch by tel. 082 772 2006 of stuur ’n e-pos aan bfotografieklub@-gmail.com(.)

 

Hennie Ludik se foto “Volmaan” het ’n merietetoekenning in die seniorafdeling tydens die Warmbad-fotografieklub se Oktober-byeenkoms gewen. Die Warmbad-fotografieklub vergader elke eerste Dinsdag van die maand in die AP-kerksaal op die hoek van Katjiepiering- en Huilboslaan. Vir meer inligting bel vir Lucille Swart by tel. 076 349 2554 of vir Gerda de Bruto by tel. 082 563 4725.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button