GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Marjone Mulholland (néé Zeeman), oudinwoner van Bela-Bela en Protea-boogskut, het aan die begin van Oktober aan die internasionale veldskutassosiasie (IFFA) se wêreldkampioenskap in veldskiet in Potchefstroom deelgeneem. Sy is as een van die beste vroueskuts aangewys. Meer as 400 skuts van ongeveer 21 lande het aan die geleentheid deelgeneem wat in 29 verskillende skietstyle meegeding het. Veldskiet is waar skuts teikens op afstande van 5 m tot 73 m moet raakskiet. Mulholland het Jacqueline Ann Jackman van Zambia met 10 punte geklop en is as die wenner in die volwasse vrouejagtersafde-ling aangewys. Mulholland het die jaar ook afgesluit as die top nasionale vrouekampioen van die Afrika Boogskiet-organisasie (ABO) se nasionale kompetisie. Sy is ook daar as die skut van die jaar aangewys.

 

Sandra Erasmus van Bela-Bela het op Saterdag 3 November aan die Gauteng Noord JKA karate-kampioenskap deelgeneem. Sy het ’n eerste plek in die senior vroue-afdeling in kata en kumite behaal en is vir die Gauteng Noord-span gekies wat aanstaande jaar aan die Gauteng-uitdunne deelneem. Die Gauteng-span sal in Mei aan die JKA nasionale kompetisie deelneem. Op die foto is Sandy Verreyne, Sandra Erasmus en Lelani Terblanche tydens die laaste kompetisie.

 

Die Zebellas-gholfklub van Bela-Bela het die naweek van 23 en 24 November hul jaarlikse klubkampioenskap by die Zebula Country Club gehou. Stephen van Niekerk is as die klubkampioen en gholfspeler van die jaar aangewys. Op die foto oorhandig Mariette Weideman die trofee aan Van Niekerk.

 

Die Zebellas-gholfklub van Bela-Bela het ná hul onlangse klubkampioenskap by die Zebula Country Club die jaarlikse merietebeker aan speler Dave Brown toegeken. Op die foto oorhandig Gerrie Strydom en Mariette Weideman die trofee aan Brown (regs).

 

Die Ecarté-gimnastiekklub het vanjaar Limpopo se naam hoog gehou toe twee van hul artistiese gimnaste met tien Suid-Afrikaanse medaljes huis toe gekom het. Hierdie gimnaste het in Oktober aan die Suid-Afrikaanse gimnastiekspele in Pretoria deelgeneem. Gerrit Engelbrecht is in vlak 7 (o.16 en jonger) as Suid-Afrikaanse kampioen aangewys. Hy het brons (beuelperd) , silwer (brug en vloer) en goud (spronge, ringe en rekstok) verower. Mario Opperman was algeheel derde in die vlak 4 (9-10 jaar) afdeling. Hy het ook brons op die rekstok en silwer op die vloer gewen. Hulle word afgerig deur Charlene Engelbrecht.

 

Die tuimelaars van die Ecarté-gimnastiekklub het geskitter tydens die Suid-Afrikaanse gimnastiekspele in Pretoria. Die klub het drie Suid-Afrikaanse kampioene opgelewer onder die bekwame hande van afrigter Petro von Alleman. Op die foto is Rialet Potgieter (Suid-Afrikaanse kampioen vlak 5), Stiaan Opperman (Suid-Afrikaanse kampioen vlak 5), Zúret Gilliland (algeheel tweede, vlak 4), Mario Opperman (algeheel derde in vlak 5) en Nicolas Swart (Suid-Afrikaanse kampioen in vlak 5).

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button