GalleriesSchools galleries

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele uitblinkers.

Hoërskool Warmbad se biblioteek spog nou met splinternuwe boekrakke. Die Warrie-boekwurms kan nou na hartelus vir lekker leesstof soek. Die projek is geloods in samewerking met die Warmbad Rotariërklub, ’n bekende boekwinkel, die skool en ’n inwoner wat op eie koste die boekrakke na die skool vervoer het. Op die foto is Paul Liddle, skoolhoof, Sascha Jooste, onderwyser en die dryfveer van die projek, en Drummond Hammond van die Rotariërklub.

 

Die wenners van Laerskool Nylstroom se R5-projek, wat in Mei afgeskop het, is bekend gemaak. Voor is Ryno Coetzer (derde plek in die grondslagfase) en Amy-Jane de Villiers (derde plek in die grondslagfase). Agter staan AB van Tonder (tweede in die grondslagfase), Bonolo Maimela was die wenner in die seniorfase en is ’n digitale kamera ryker. Sarel Huisamen, die wenner in die grondslagfase, het ’n trapfiets gewen. Kara van der Merwe was afwesig met die neem van die foto. Sy is tweede in die seniorfase. Leerders het R5 stukke bymekaar gemaak tydens die fondsinsamelingsprojek en die skool het altesaam R55 800 ingesamel. Die klasse wat gewen het, is gr. 5B (seniorfase) en gr. 3A (grondslagfase).

 

Altesame 25 leerders van Laerskool Warmbad het op Donderdag 11 Oktober aan die Suid-Afrikaanse instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) se gr.7-vasvra deelgeneem en puik resultate behaal. Die groep was deel van 385 leerders vanuit die Waterberg- en Mogalakwena-distrik wat deelgeneem het. Die drie leerders van Laerskool Warmbad wat die beste presteer het was JP Smith, Regardt Grobler en Christiaan Jooste. Saam met hulle op die foto is Anette Nel, vakadviseur by die Limpopo-departement van onderwys, en Hennie Coetzee, Laerskool Warmbad-skoolhoof.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button