GalleriesSchools galleries

Hansies ontvang prestigetoekennings

Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong het op Donderdag 18 Oktober tydens hul prestigeprysuitdelingsgeleentheid die topleerders vereer en toekennings oorhandig.

Lodewyk Koch het ’n toekenning ontvang vir 12 jaar getroue skoolbesoek. Spikkels de Wet, waarnemende skoolhoof, oorhandig ook aan Lodewyk die diensleweringstrofee, wat bekend staan as die Orde van die Leeu-toekenning.

 

Macayla Treurnich, wat provinsiale kleure in atletiek en landloop verwerf het, het die trofee as sportleerder (intern) van die jaar van Dirk Oosthuizen, departementshoof, ontvang.

 

Die Sekelbos-seunskoshuis se raad vir 2019 is Wiehan Kotze, Ruan Robberts, Jan-Daniël Swan (hoofseun), Stefan Breet en Joost van Rooyen. Agter staan Rudolf de Vos, bemarkingshoof.

 

Leatitia-meisieskoshuis se nuwe koshuisraad vir 2019 is Skye Bester, Anchene Roux (hoofmeisie), Sue Bezuidenhout, Ané Beukes en Wilmarie Leite. Agter is Marita Louw (onderwyseres).

 

Die leerder van die jaar-toekenning is toegeken aan Cecilia Pauer. Hier ontvang sy die trofee van Spikkels de Wet, waarnemende skoolhoof, en Martin van der Walt, borg.

 

Manette van Biljon is aangewys as die Hansies se kultuurleerder (ekstern) van die jaar. Gerda Swanepoel, departementshoof, oorhandig die trofee aan haar.

 

Lee-Ann Denton is die Hansies se kultuurleerder van die jaar (intern). Gerda Swanepoel, departementshoof, oorhandig die trofee.

 

Skye Bester ontvang die trofee vir veelsydige en verdienstelike deelname aan buitemuurse aktiwiteite van Johan de Beer, voorsitter van die beheerliggaam.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button