GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Angelic Louw, ‘n 15-jarige leerder aan Hoërskool Warmbad, tel die dae af na wanneer sy in Desember na Amerika vertrek om haar passie in dans voort te sit. Angelic het ‘n beurs deur die organisasie Power in Dance verwerf. Volgens Wandi van Wyk, haar dansinstrukteur van Bela-Bela, gaan Angelic by die Millennium Dance Complex met wêreldklas choreograwe werk. Sy sal vanaf 5 tot 10 Desember by Disney World in Florida dans, waarna sy tot Sondag 23 Desember in Los Angeles sal wees. ‘n Spesiale dankie aan elke persoon wat ‘n bydrae gelewer het om Angelic se drome ‘n werklikheid te maak.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button