GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

’n Jong danser van Bela-Bela is in die wolke nadat sy ’n borgskap én ’n beurs verwerf het om in Amerika te gaan dans. Die 15-jarige Angelic Louw, ’n leerder aan Hoërskool Warmbad, gaan op Woensdag 5 Desember Los Angeles, Kalifornië, toe vir ’n beurs wat sy deur Power in Dance verwerf het. Haar gunstelingdansvorm is hip-hop en sy oefen elke dag sowat 90 minute lank. Sy word afgerig deur Wandi van Wyk. Martin van Vuuren van Modimolle borg vir Angelic en dek haar uitgawes vir haar reis na Amerika.

 

Laerskool Nylstroom se eerste krieketspan was vanjaar kookwater. Die span het op Dinsdag 23 Oktober in Polokwane in die semifinale ronde van die Limpopo-kampioenskap teen Laerskool Phalaborwa gespeel. Die Nylies het die wedstryd verloor, maar Franco Steenkamp was nogtans ’n yster met die kolf. Foto: Herman Steyn

 

Hoërskool Warmbad het op Woensdag 24 Oktober hul jaarlikse dankiesê-aand gehou waartydens ouers, vriende, borge en ander betrokkenes bedank is vir die hulp en ondersteuning die afgelope jaar. Die herstel van die skoolswembad het spesiale vermelding gekry. Die swembad was maande lank gesluit weens herstelwerk, maar danksy borge en baie harde werk, kan Bela-Bela se waterliefhebbers nou weer swem.

 

Dié dansertjies van Vaalwater het hul gr.1-danseksamen (modern) geslaag. Hul dansafrigter is Chélyn Nel van Destination Dance Studio in Vaalwater. Op die foto is Lea Human (gr. 00) van Klein Vyf Kleuterskool (highly commended), Lakoda Fourie (gr. R) van Harvester Church School (highly commended), Olivia Heuser (gr. 00) van Waterberg Academy (highly commended), Morghan Posthumus (gr. 00) van Waterberg Academy (honours) en agter is Danika Fourie (gr. 5) van Harvester Church School (honours with distinction).

 

Chélyn Nel van Destination Dance Studio in Vaalwater het baie tyd en energie afgestaan om dié dansertjies af te rig vir hul gr. 1-danseksamen (modern). Hulle het almal dié eksamen geslaag. Voor is Rolande Kirstein (gr. 1) van Laerskool Nylstroom (honours) en Casey Nel (gr. 1) van Waterberg Academy (honours). Agter staan Melinke Grobler (gr. R) van Laerskool Nylstroom (honours), Mignon Stoltz (gr. 2) van Laerskool Vaalwater (honours), Carli Strauss (gr. 2) van Waterberg Academy (highly commended), Alandri Mostert (gr. 2) van Laerskool Vaalwater (honours) en Keirra Evans (gr. 1) van Waterberg Academy (highly commended).

 

’n Paar ywerige gholfspelers van Bela-Bela het vanaf Sondag 12 Oktober aan die jaarlikse Pro Amm gholftoernooi in Mosselbaai deelgeneem en die toernooi gewen. Chris Clayton, professionele speler van Zebula, het saam met Gerrie Strydom, Phillip en Mariëtte Weideman van die Zebellas-gholfklub van Bela-Bela ná die derde dag se spel 259 punte ingepalm, wat hulle onoorwonne gemaak het. Op die foto is Scott Sullivan (oud-Warrie en bestuurder van Callaway Gholf), Clayton, Strydom, Mariette en Phillip ná die toernooi.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button