GalleriesSports galleries

Eretoekennings aan leerders oorhandig

Hoërskool Nylstroom se jaarlikse prysuitdelingsgeleentheid is op Woensdag 17 en Donderdag 18 Oktober op luisterryke wyse aangebied. Herman Steyn het foto’s van die toppresteerders geneem.

Anton du Plessis, skoolhoof van Hoërskool Nylstroom, ontvang sy ereskoolbaadjie van die hoofleiers van 2018. Die tradisie gaan gepaard met die oorhandiging van ’n geskenk namens die matrieks van 2018.

 

Leonette Vosloo het die toekenning vir beste senior meisiesatleet en beste senior hokkiespeler verower. Hier ontvang sy die sportmeisie van die jaar-trofee van Anton du Plessis, skoolhoof, en Pieter Strydom, borg.

 

Mart-marie Kotzee is as Duxleerder vir 2018 aangewys. Sy is ook aangewys as Nylie van die Jaar. Sy ontvang haar trofee van Lucas van der Merwe, wenner in 2017 en Anton du Plessis, skoolhoof.

 

Miko Keulder ontvang die toekenning as beste senior netbalspeler van Doria Groenewald, lid van die beheerliggaam.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button