GalleriesSchools galleries

Klein Warries se bestes by prysuitdeling vereer

Laerskool Warmbad het op Donderdag 18 Oktober die topleerders van 2018 tydens die skool se Cum Laude-aand in die skoolsaal met toekennings vereer.

Die leerders wat vanjaar op kultuurvlak presteer het, is Karli Brooker (beste senior meisiesredenaar), Niel du Plessis (beste senior seunsredenaar), Danielle van der Merwe (beste in orators), Chloë Pringle (beste sanger) en Adele Schoeman (beste sanger). Agter is Marius Labuschagne (toppresteerder in die Unisa-eindeksamen), Marelize van Baalen (toppresteerder in die Trinity-musiekeksamen), Karla Smith (top junior meisiesredenaar) en Pieter Grobler (top junior seunsredenaar).

 

Wickus Coetzee het die dienslewerings-trofee ontvang. Dié toekenning word gemaak aan ’n leerder wat deur die jaar baie betrokke by skoolgeleenthede was.

 

Christiaan Jooste is die kultuurseun en Isabel Schoeman die kultuurmeisie van die jaar.

 

Regardt Grobler het die prestasietrofee ontvang vir sy uitsonderlike prestasies in akademie, sport, kultuur en die leiers-eienskappe wat hy getoon. Hy het ook die skool se hoogste toekenning, die Jaap Havenga-prestasietoekenning, ontvang.

 

Lisbé Booyse is as die sportmeisie en Regardt Grobler as die sportseun van die jaar aangewys. Hulle is ook aangewys as die skool se veelsydigste meisie en seun wat betref leierskap, sport en kultuur.

 

Isabel Schoeman en Regardt Grobler is as die Dux-leerders aangewys. Albei het ’n akademiese gemiddeld van bo 90% behaal.

 

Hierdie groep gr.7-leerders het erekleure vir leierskap ontvang. Voor is Denise Nell, Lisbé Booyse, Daniel Verster en Isabel Schoeman. Agter is Hanto Jansen van Rensburg, Niel du Plessis, Regardt Grobler, Marco Labuschagne en Christiaan Jooste. Emma Kriel was afwesig met die neem van die foto.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button