GalleriesSchools galleries

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele uitblinkers.

Die uitvoerende komitee (UK) van Hoërskool Warmbad wat aanstaande jaar die leiersrolle inneem, het in September ’n baie suksesvolle leierskamp buite Bela-Bela bygewoon. Die leiers het aan verskeie spanbou- en leiersopleidingsaktiwiteite deelgeneem ter voorbereiding vir hul UK-betrekkinge. Op die foto is die Buffelspan wat die wenspan was. Voor is Vion Liddle (Paul Liddle, skoolhoof, se seun). Agter hom is Corné de Jonge, Dylan van Rooyen, Desi de Beer, KT Sono, Precious Shitlhane en Tiaan Lotter.

 

Dié talentvolle leerders van Laerskool Nylstroom het aan die Eugène Marais-kultuurfees deelgeneem. Hulle het gewoeker met hul gawes op die verhoog en beoordelaars só beïndruk dat hulle A-simbole en hoër vir hul optredes ontvang het.

 

Hierdie leerders van die Hoërskool Warmbad-musieksentrum het aan die eerste ronde van die Nasionale Eisteddfod-kompetisie (NEA) deelgeneem en puik presteer. Marijke Vosloo het twee goue toekennings en ’n diploma in klavier en kerkorrel verwerf, Nadia Terblanche een goud en drie diplomas in klavier en Dominique Nortjé twee goue toekennings in klavier en blokfluit. Henrique Huisamen, wat een goud en vyf diplomas in klavier, kitaar en kerkorrel verower het, was afwesig met die neem van die foto. Die leerders wat diplomas ontvang het, neem in Februarie aan die tweede NEA-ronde deel.

 

Hoërskool Warmbad het hul nuwe voorsitters en ondervoorsitters van die skool se uitvoerende komitee (UK) verkies. Op die foto is Ruben Jooste (ondervoorsitter), Michael Jordaan (ondervoorsitter), Chris Grobler (voorsitter), Nadia Terblanche (voorsitter), Emma Stavrakis (ondervoorsitter) en Daniela de Freitas (ondervoorsitter). Die nuwe UK-voorsitters het tydens die skoolvakansie die Universiteit van Pretoria se leierkursus in Pretoria bygewoon.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button