Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in en om die Waterberg?

John Steenhuisen, DA-hoofsweep, het op Donderdag 27 September in die koel naglug in Vaalwater ’n gemeenskapsvergadering gelei waartydens hy die politieke landskap bespreek het. Hy het onder meer gefokus op die grondonteieningsvraagstuk en die uitdagings van basiese onderwys in Suid-Afrika. Verskeie mense het dié vergadering bygewoon.

 

Die Warmbad Dienssentrum is veral bekend vir sy goeie kospryse wanneer daar ’n geleentheid aangebied word. Op die foto staan besoekers in die ry vir die heerlike pannekoek wat op die dag verkoop is.

 

Die NG Moedergemeente Warmbad het op Saterdag 6 Oktober ’n heerlike ontbyt aangebied met Mevrou Doof Suid-Afrika as spreker. Sy het tydens die ontbyt gepraat oor die lewe van ’n dowe en die gaste het die oggend terdeë geniet. Op die foto is Nicolene du Toit (tolk), Chris Coetzer, Nicolette Steele (seremoniemeester), Rouel Beukes en Lourindia Janssen (Mev. Doof SA). Coetzer en Beukes het die gaste met hul pragtige sangstemme betower.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button