GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Die vlak 4 tot 7 artistiese meisies van Ecarte-gimnastiekklub het op Saterdag 15 September in Brits hul Limpopo-kleure verwerf. Hulle het altesame 23 medaljes huis toe gebring en twee Limpopo-kampioene opgelewer. Hulle gaan tydens die Oktober-vakansie in Pretoria aan die Suid-Afrikaanse Gimnastiekspele deelneem. Voor sit Luschke Fouché (vlak 4, algeheel derde), Shilo van Tonder (vlak 4), Anri Briel (vlak 4, Limpopo-kampioen), Shiane van Tonder (vlak 4) en Rialet Potgieter (vlak 6, Limpopo-kampioen). Agter sit Danike Nortman (vlak 4, algeheel tweede), Bianca Engelbrecht (vlak 7), Kialize Swart (vlak 5, algeheel tweede), Zelri Prinsloo (vlak 4) en Alyssa van der Walt (vlak 4, algeheel tweede).

 

Ecarte-gimnastiekklub se vlak 4 tot 7 artistiese seunsgimnaste het op Saterdag 15 September aan die Limpopo-kampioenskap in Brits deelgeneem en nie net die medaljes laat inrol nie, maar almal het ook hulle Limpopo-kleure verwerf. Hulle gaan tydens die Oktober-vakansie in Pretoria aan die Suid-Afrikaanse Gimnastiekspele deelneem. Op die foto is Gerrit Engelbrecht (vlak 7, Limpopo-kampioen), Stiaan Opperman (vlak 5), Zéke Coetzer (vlak 6), Mario Opperman (vlak 4, Limpopo-kampioen), Colin Boshoff (vlak 6, algeheel tweede) en Wessel Swart (vlak 5, algeheel derde).

 

Hierdie atlete van die Waterbergskool vir CVO het op Vrydag 7 September aan die landwye landloopkampioenskap deelgeneem by die CVO-skool Potgietersrus en baie goed gevaar. Voor is Ruan Camphor, Nico Janse van Rensburg en Marnes Janse van Rensburg. Agter is Jacky Elliott, Althea Janse van Rensburg, Colin Elliott en Lize Stapelberg.

 

Die twee atlete van die Waterbergskool vir CVO in Modimolle gaan nog groot hoogtes bereik. Hulle het aan die landwye landloopkampioenskap op Vrydag 7 September by die CVO-skool Potgietersrus deelgeneem en stof in die ander se oë geskop. Melienke Vermaak is die o.8 BCVO-landloopkampioen en spog met ’n goue medalje en Jani Stapelberg (o.7) spog met ’n silwer medalje.

 

Die trotse spelers van Laerskool Nylstroom se eerste krieketspan is wenners van die streeksliga. Voor is Hendry van Staden, Zian Vermeulen, Franco Steenkamp, Lukas van der Merwe en JC Meintjes. Agter staan Altus du Plessis, Dewald Koelewyn, Jaco Stofberg, Jeandré Strydom (kaptein), Daniël Briel (onderkaptein), Chepape Monyelegao en Brenden Davey. Die span word afgerig deur Roelf Vorster.

 

Laerskool Nylstroom se o.11-krieketspan is aangewys as streeksligawenners. Voor is Diedrik van der Merwe, HP van Heer-den, Stiaan Opperman, Juan Groothof en Kaden Hayes. Agter staan Leander Janse van Rensburg, Jannes van Zyl, Wihan Bezuidenhout, Tiaan Steffen, Jesse-Dean Nortjé en Keenan Janse van Rensburg. Marco van Rheede was afwesig. Die span word deur Tiaan Bestbier afgerig.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button