Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in en om die Waterberg?

Die Abraham Kriel-kinderhuis in Modimolle verwelkom Marlene de Villiers as hulle nuwe bemarker. De Villiers, wat jarelank reeds betrokke is by die kinderhuis, het ook bemarking vir verskeie ander welsynsorganisasies gedoen. Sy het jarelange ondervinding as ’n promotor in vermaaklikheidsbedryf.

 

Staff at the Warmbaths provincial hospital in Bela-Bela had finally made some time to celebrate national Heritage Day that was celebrated on Monday 24 September. The staff dressed in their cultural and traditional best on Friday 28 September, where they attended a session at the hospital’s lecture hall. Traditional songs were sung where after the staff divided into groups to talk and share about the different cultures. On the photo are the hospital staff during the session.

 

Die Modimolle-polisie se Women’s Network het op Woensdag 26 September uitgehaal met ’n heerlike ontbyt en besprekingsoggend in die O.R. Tambo-stadsaal. Die geleentheid is deur Marlene van Staden, burgemeester, geopen. Die vroue, geklee in kleurvolle tradisionele drag, het die uitdagings wat vroue ervaar en hoe vroue in moeilike situasies gehelp kan word, bespreek. Op die foto is brig. Anneline Steyn aan die woord.

 

Buiten die lentebloeisels, begin bome ook nou spog met helder pienk “klere”. Kansa se Pink trees for Pauline-projek het weer afgeskop. Die doel hiervan is kankerbewus-making. Kansa verkoop weer 2 m-lange stroke pienk lap om boomstamme en pale toe te draai teen slegs R50 per pakkie. Alle pienk lappe moet weer Woensdag 31 Oktober verwyder word. Die gelde wat tydens hierdie projek ingesamel word, word direk vir kankersorg en ondersteuning aan pasiënte gebruik. Kontak vir Wilna van den Heever of Yvonne Janse van Rensburg by tel. (014) 717 3950.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button