Community galleriesGalleries

FOTOGRAFIE: In fokus

Die wêreld vasgevang deur ’n kameralens.

Hennie Ludik se foto “Spinnekop” was die wenner van die tema, makro-afdeling, tydens die Warmbad-fotografieklub se September-byeenkoms. Die Warmbad-fotografieklub vergader elke eerste Dinsdag van die maand in die AP-kerksaal op die hoek van Katjiepiering- en Huilboslaan. Vir meer inligting bel vir Lucille Swart by tel. 076 349 2554 of vir Gerda de Bruto by tel. 082 563 4725.

 

Alma Hoon se foto “Gee my ’n soentjie” het ’n merietetoekenning ontvang in die driesterafdeling tydens die Warmbad-fotografieklub se Augustus-byeenkoms. Die Warmbad-fotografieklub vergader elke eerste Dinsdag van die maand in die AP-kerksaal op die hoek van Katjiepiering- en Huilboslaan.

 

Dié kleurvolle foto “Beautiful Chameleon” is deur Lizelle Koch geneem. Sy het ’n merietetoekenning ontvang en is aangewys as die junior maandwenner tydens die Bosveld-fotografieklub se Augustus-byeenkoms. Die klub kom een keer ’n maand bymekaar. Vir meer inligting bel vir Lizelle Koch by tel. 082 772 2006 of stuur ’n e-pos na bfotografieklub@gmail.com(.)

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button