GalleriesSchools galleries

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele uitblinkers.

Hierdie is ’n prentjie wat ’n mens nie aldag sien nie. Laerskool Vaalwater se onderwysers kon op Vrydag 28 September vir ’n slag stilsit toe die rapporte uitgedeel is. Op die foto is Johan Lochner, Melissa Venter, Charlene Willemse, Marinus Cloete, Chenelle Brits en Rea du Preez.

 

Heima Pretorius, ’n gr. 9-leerder aan Hoërskool Hans Strijdom, het 99% vir haar motiveringstoespraak tydens die nasionale Podiumpret-kompetisie behaal en is saam net nog vier ander leerders gekies om tydens ’n geselligheid by die Taalmonument in die Paarl te praat. Sy het ook 98% behaal vir haar redenaarstoespraak.

 

Shana Stassen, ’n gr. 8-leerder aan Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong, is tydens die nasionale Podiumpret-kompetisie in die Paarl as graadwenner vir lees (90%) aangewys.

 

Skye Bester, ’n leerder aan Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong, het aan die nasionale Podiumpret-kompetisie in die Paarl deelgeneem en 89% vir haar redenaarstoespraak ontvang.

 

Dié gr.8-leerders is Hoërskool Hans Strijdom se VRL vir gr. 9 vir 2019. Hulle is Yvette Swan, Nikita Greyling, Daniella Rentroia, Ruben Kotze, Janco van der Walt en Marcel Smith.

 

Hierdie gr.9’s van Hoërskool Hans Strijdom is verkies as die gr. 10-VRL vir 2019. Voor is Charisse O’Callaghan, Macayla Treurnich en Wilmari Hoffmann. Agter is Riaan van Rensburg, Mashishi Madime, Malebo Khumalo, Xander Bester en Wilke du Plessis.

 

Micke Hofmeyr, Annami de Swardt, Abbi van der Walt, EG Booyse, Johan Marais en Tristan Snyman is verkies as die gr. 11-VRL van Hoërskool Hans Strijdom vir 2019.

 

Hierdie leerders is Hoërskool Hans Strijdom se VRL vir 2019. Voor is Oratilwe Malambe, Zanelle Moller en ClassyJoy Makhubela. In die middel is Christiaan Hugo, Lizmari Steenkamp, Chanri Booysen, Anchene Roux, Wilmarie Lete, Ané Beukes, Ruan Robberts en Jason Hoffmeyr. Agter is Stefan Breet, Jan-Daniel Swan, Skye Bester, Frikkie Visser, Janita Hoffmann, Christiaan Venter en Ruan Nolte. Carl-Henry Keyter was afwesig met die neem van die foto.

 

Dié leerders van Laerskool Nylstroom het op Woensdag 19 September aan die skool se Engelse redenaars-kompetisie deelgeneem. Op die foto is Johan Bosch (gesamentlik eerste in die gr. 4- en 5-afdeling) Pieter van Heerden (eerste, gr. 6 en 7), Lorinda Broodryk (derde, gr. 6 en 7), Stefan van Heerden (derde, gr. 4 en 5), Altus du Plessis (tweede, gr. 6 en 7) en Erlu Fourie (gesamentlik eerste, gr. 4 en 5).

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button