GalleriesSchools galleries

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele uitblinkers.

Dean Botha, ’n leerder aan Hoërskool Hans Strijdom, het op Saterdag 8 September by ’n landbouskou in Middelburg aan die Tentpegging Since Lance (tentpensteek) deelgeneem en ses eerste plekke, een tweede plek en een derde plek behaal in die onderskeie afdelings. Hy is vir die Limpopo-span gekies wat van 10-13 Desember in Jacobsdal deelneem. Dean is tans tweede in Limpopo en nasionaal 30ste in die afdeling vir junior en senior seuns.

 

Die Japsnoetjies, Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong se kleuterskool, het op Donderdag 13 September ’n spogproduksie op die planke gebring ná baie ure se harde oefen. Al die kleuters in die kleuterskool was deel van die produksie genaamd “Wurm word verras”.

 

Die Pos en Protea Boekhuis het op Donderdag 13 September nuwe leesboeke aan Jinnah Park Primary School in Bela-Bela geskenk. Op die foto hou Amanda Janse van Vuuren, skoolhoof, die nuwe boeke met ’n glimlag vas.

 

Melissa Venter, ’n studentonderwyser by Laerskool Vaalwater, het op Woensdag 29 Augustus by die skool ingeval as aflosonderwyser by die gr. 3-klas vir Marie van der Westhuizen, wat ’n operasie aan haar arm moes ondergaan. Venter het twee voorskoolse kinders, Karli en Alwyn, en haar man, Franna, is ’n boer van Alma.

 

Laerskool Vaalwater het op Dinsdag 21 Augustus en Woensdag 22 Augustus aan die ATKV Waterberg-kunsfees in Bela-Bela deelgeneem. Heel voor is Willem Nel (stilstaande poësie A+) en agter staan Kyra le Roux (redenaars A+), Cara Loots (stilstaande poësie B+), Danike le Roux (redenaars A+), Lesego Ndlovu (stilstaande poësie A++).

 

Mohlakamotala High School near Alma has gone green on Thursday 13 September. Learners planted several evergreen trees on the school yard for Arbour Day. In the front are Mpho Mabalelebele, Amos Pitsi, Longile Gwangwa en Fortune Dayimani. At the back are Hezekiel Matlala, Khethukuthula Msimango, Rita Malan, principal Philemon Mohohoma, Aubrey Pistorius, Johan Benade, André Kruger en Mathaba Mmabatho. The school’s learners come from as far as North West, Gauteng and Mpumalanga and reside in the hostel.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button