GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Staan opsy Federer en Nadal, Laerskool Nylstroom se tennisspelers is op pad! Die seuns A-span is die ligawenners (onoor-wonne) en is ook Limpopo-naaswenners. Hulle is Tiaan Steffen, Johan Bosch, Wihan Bezuidenhout en Jannes van Zyl.

 

Laerskool Nylstroom het ’n baie suksesvolle tennisseisoen agter die blad. Die meisies A-span is liganaaswenners en het vierde in Limpopo geëindig. Hulle is Hesmé Holtzhausen, Iris Snyders, Melissa Meyer en Mizaan van Jaarsveld.

 

Laerskool Nylstroom se seuns B-span is die tennisligawenners (onoorwonne). Op die foto is Pieter van Heerden, Martiens Joubert, Gideon Joubert, Erlu Fourie en Corniel van der Merwe.

 

Die o.8-meisieslandloopspan van die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong het die trofee vir die beste o.8-meisiespan in die Waterberg-landloopliga gewen. Voor is Amber Herbst en Khianke Janse van Rensburg. Agter is Lize Janse van Vuuren, Mia Botha, Charné Coetzee en Niconé Labuschagne.

 

Izabella Rentroia, ’n o. 13-hokkiespeler van die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong, is gekies om in Januarie 2019 aan die finale Limpopo-hokkieproewe in Polokwane deel te neem.

 

Jan-Hendrik Ebersohn, Altus Ruthven, Ruan Nel en Duncan Viviers, rugbyspelers van Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong, is vir die Verre-Noord-barbariansewesspan gekies. Hulle neem in die Oktober-vakansie in Vereeniging deel aan ’n toernooi.

 

Abbi van der Walt, ’n kranige hokkiespeler van Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong, is ná afloop van die Bokkieweek opgeneem in die presidenthokkiespan wat die komende vakansie na Namibië toer.

 

Hoërskool Warmbad het op Woensdagaand 12 September hul eerste nag-gholfbyeenkoms as deel van die skool se gr. 8-fondsinsameling by ATKV-Klein-Kariba buite Bela-Bela aangebied. Hulle het dié byeenkoms gehou om geld in te samel vir aanstaande jaar se Bosveld-interhoërbyeenkoms, wat by die Warries gehou word. Talle gholfspelers het die geleentheid bygewoon waar hulle gloeiende gholfballe in die donker in verskillende putjies moes sink. Lekker pryse is ook tydens die aand gewen. Die algehele wenners van die byeenkoms was Johan Maritz en Paul Prinsloo.

 

Hoërskool Nylstroom’s chess players are the champions of the chess Inter High for the second year. The Inter High was held on Tuesday 31 July at Hoërskool Ellisras. The Nylies were in the first place with 57.5 points (won by 9.5 points). Second place went to Hoërskool Ben Viljoen (48) and in third place was Hoërskool Warmbad (47). In the front is Noko Dipela, Neo Shilomola, Rijvi Abdul Matin, Thato Selema and Phemelo Makwela. At the back is Adrew Adendorf, Khutso Mahoai, James Chauke, Clement Mabotja, Thabang Ngobeni, Thabang Ledwaba and Romeo Maropa. Kabelo Matlala was absent when the photo was taken. Photo: Herman Steyn

 

Die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong se o.13-krieketspan is die kleinskole ligawenners. Hulle moet teen Laerskool Koedoeskop uitspeel om as streekwenners gekroon te word. Voor is Ettienne de Villiers, Darius Joubert, Ruan Swan en Wihan Engelbrecht. In die middel is Victor van Dyk, Jeandré du Plooy, James Briel, Theuns van Wyk en Phillip Bronkhorst. Agter is Martin van Heerden (afrigter), Stephan Boshoff, P.J. Brits, Adriaan Kloppers en Douw Mellet (skoolhoof).

 

Die o.13-hokkiespan van Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool het ná afloop van die hokkieseisoen uitgetree as Limpopo-Oos-streekligawenners. Hulle het deurgedring na die Limpopo-streeksuitspele waar hulle al hul wedstryde gewen het. Die span sal op Saterdag 22 September aan die Limpopo-semi- en finale ronde in Polokwane deelneem. Voor is Cara van Rooyen, Lani Briel, Elodie van Emmenes en Chiniki Pretorius. In die middel is Izabella Rentroia, Isabelle de Beer, Chaldene Burger en Juané Kühler. Agter is Jani van Heerden (afrigter), Anja Labuschagne, Michelle Peens, Marli Hoffmann en Kayla Pretorius.

 

Laerskool Vaalwater se o. 11-tennisspan het op Dinsdag 4 September teen Laerskool Ellisras op Ellisras se bane gespeel. Die wenners van die dag was Kiran Mnisi en Owen Buermann. Op die foto is Kiran, Deiondré Bodenstein, Minette Kritzinger, MJ Smit, Kyara Schabort, Tiaan Kotzé en Owen.

 

Laerskool Vaalwater het op Dinsdag 28 Augustus tydens ’n hokkiedag skoonskip teen die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool van Mookgophong en Waterberg Academy van Vaalwater gemaak. Die span, wat uit leerders van verskillende ouderdomme bestaan, het ook met 3-2 teen Laerskool Thabazimbi gewen. Heel voor op die foto lê Grace Moeng. In die middel is Kyarah Schabort, Danike le Roux, Lebo Monyela, Caitlyn Celliers, Lené Smit en Marzel Derckson. Agter is Marisha Benade, Kyra le Roux, Leani du Toit, Ilse Joubert (hulpafrigter), Makayla Keating, Charné Verster en Lethabo Mokgoto.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button