Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in en om die Waterberg?

Nico van Coller (70) van Tuintuiste, Bela-Bela, is op Saterdag 18 Augustus in die Eugène Marais-hospitaal in Pretoria weens hartprobleme oorlede. Van Coller was vroeër ’n elektrisiën en verkoelingskontrakteur in die dorp. Hy kom oorspronklik van Heilbron in die Vrystaat en het vir meer as 45 jaar saam met sy vrou, Marie, in Bela-Bela gewoon. Sy roudiens was op Vrydag 24 Augustus by die Swartkop-lugmagbasis in Pretoria. Hy word oorleef deur sy vrou, Marie, dogter, Linda Pauwels, en seun, Johan. Hy laat ook sy twee kleinseuns, Sean en Craig, agter.

 

Manie Jackson, bekende Afrikaanse sanger, het inwoners van Warmbad Rusoord op Woensdag 22 Augustus verras met ’n kuiertjie. Corrie van Wyngaardt, een van die inwoners, is een van sy grootste aanhangers en sê dat Jackson geliefd is onder hulle omdat hy altyd tyd maak vir hulle.

 

Die Vroue Landbou-unie (VLU) se tak in Mookgophong het op Dinsdag 28 Augustus ’n ruim kontantskenking aan die Magrietjie-kankerhulpgroep oorhandig. Die VLU toon op dié manier hul waardering vir die wonderlike ondersteuningswerk wat die Magrietjies aan kankerlyers in die Mookgophong-gemeenskap bied. Die tak het ook aan Christo Stols (links) haar 10 jaar-lidmaatskapknopie oorhandig. Saam met haar op die foto is Cathy Müller, takvoorsitter.

 

Jappies en Yolandi de Wet het die knoop baie romanties tydens sonsopkoms op Donderdagoggend 5 Augustus by hul gunstelingkampeerplek by Waterberg Natuurpraal by Melkrivier deurgehaak. Jappies se ouers, Melodie en Koos, is oorspronklik van Vaalwater. Ná sy pa se dood in 2004 is sy ma weer getroud met Michael du Plessis en hulle woon sedertdien in Thabazimbi. Yolandi se ouers, Johan en Alda Laubscher, is van Namibië. Die egpaar, wat reeds vier jaar lank in Modimolle woon, beplan om saam met hul dierekinders deur Suid-Afrika en die buurlande te toer.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button