GalleriesSchools galleries

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele uitblinkers.

Laerskool Vaalwater se jaarlikse fondsinsamelingsgholfdag het op Vrydag 31 Augustus by Koro Creek in Modimolle plaasgevind. Hier is Marlene van Staden, burgemeester van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit, en haar span by putjie 14. Die vroue staan nie ’n tree terug nie, maar kon egter nie die wenner, Gustav Fourie, se 47 m merk oorskry nie. Leonard Vorster, skoolhoof, bedank almal wat deelgehad het aan die heerlike dag en hy sê dit was ’n reusesukses.

 

Hoërskool Warmbad se dramagroep het met hulle toneel #ek ’n A++ tydens die Eugène Marais-kultuurfees verwerf en ’n A+ tydens die ATKV Waterberg-kunstefees. Die drama-groep het ook op Woensdag 5 September in die Staatsteater in Pretoria opgetree. Op die foto is Charissa Strydom en Izanne van Schoor in aksie.

 

Eenheid Primary School in Modimolle welcomes two new educators to their school family. Arno du Pisanie will be teaching natural science, social science and life skills and Angelina Makgoka maths and life skills.

 

Dié leerders van die Waterbergskool vir CVO in Modimolle het op Maandag 27 Augustus aan die Waterberg Afrikaanse Kunstefees deelgeneem en uitstekend gevaar. Voor is Anzelle Coetser (twee hoogste lof-toekennings, ’n A++ en A+) en Zhaneardt Grahan (hoogste lof, A++ en A+). Agter is Melienke Vermaak (vier A++-toekennings) en Rinique Daling (twee A++ en A+). Hulle is almal leerders van die Hoërskool Warmbad-musieksentrum.

 

Twee trotse meisies van die Waterbergskool vir CVO, Leila Janse van Vuuren en Marioné van Rooyen, het hul eie boom tydens nasionale boomplantdag op Maandag 3 September geplant. Die skool het 24 verskillende soorte bome by die skool geplant.

 

Hierdie leerders van Hoërskool Warmbad het aan die ATKV Waterberg-kunstefees se instrumentale afdeling deelgeneem en goeie uitslae behaal: Nadia Terblanche (twee hoogste loftoekennings en twee A++-toekennings vir klavier), Marijke Vosloo (twee A++ en twee A+-toekennings, asook twee A’s vir klavier en kerkorrel), Ruben Jooste (twee A++ en A+-toekennings vir viool), Mijanke Blignaut (vier hoogste loftoekennings vir blokfluit), Thilize van der Heever (drie A++-toekennings vir kitaar) en Dominique Nortjé (drie A+-toekennings vir klavier en blokfluit). Rikus Labuschagne (drie A++-toekennings vir kitaar) en Henrique Huisamen (twee hoogste lof-toekennings en sewe A++-toekennings vir klavier, kerkorrel en kitaar) was afwesig met die neem van die foto.

 

Hierdie dramaleerders van Hoërskool Nylstroom het tydens die ATKV Waterberg-kunstefees in Bela-Bela A-simbole behaal. Op die foto is Chandré Naudé, Anna-Marie Oosthuizen, Danèl Niemann, JP Smith, Tjaart du Plessis, Bianca du Toit, Da’Niel Louw, Sanet Basson en Mada Theron. Nico Lottering was afwesig met die neem van die foto. Foto: Herman Steyn

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button