GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

These learners of Hoërskool Nylstroom have been chosen to represent the Limpopo chess team at a tournament being held during the coming holidays. From the left are Thato Selema, Rijvi Abdul Matin, Khutso Mahoai, Clement Mabotja, Thabang Ledwaba and Phemelo Makwela. Kabelo Matlala was absent. Photo: Herman Steyn

 

Die Kokanje-aftreeoord buite Modimolle se rolbalspelers weet net hóé. Die wenners van die Kokanje-rolbalklub se borgdag op Woensdag 29 Augustus was Charl Stander (visekaptein), Susan Greyling, Bets Hoogenboezem en Elrina Kriel. Altesame 30 spelers het aan dié dag deelgeneem.

 

Lede van die Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging se Waterbergtak (BJV) het op Dinsdag 21 Augustus ’n skietkompetisie vir sakemanne op Pat Loots, BJV-lid, se jagplaas in die Marico-omgewing aangebied. Sowat 60 sakemanne en -vroue van regoor Suid-Afrika het hul vernuf met verskillende gewere getoets. Jan van Blerk, BJV-voorsitter, het die besoekers touwys gemaak oor die Konfederasie van Jagtersverenigings in Suid-Afrika (Chasa) en Chasa se sytak-organisasies. ’n Bosberaad is ook op die plaas gehou vir sakelui in die chemiese bedryf en die besoekers het in egte Bosveldstyl in ’n opgemaakte tentdorpie oornag. Op die foto is Willem van Deventer (BJV-ondervoorsitter) besig om ’n skut se vuurwapenvaardighede tydens die skietkompetisie dop te hou.

 

Leané van Deventer van Laerskool Nylstroom is op Vrydag 31 Augustus in Mokopane gekies vir die o.11 Maroela-streekhokkiespan. Sy sal aanstaande jaar aan die nasionale streekhokkietoernooie deelneem.

 

Hoërskool Warmbad se jukskeispanne het op Saterdag 25 Augustus wedstryde teen Hoërskole Frikkie Meyer, Marne Eberson, Tom Naudé en Pietersburg by die Pietersburg-jukskeiklub gespeel. Die ligapunte van hierdie wedstryde en van die wedstryde op Saterdag 4 Augustus gespeel is, is bymekaar getel en die Warries se o.19 gemengde span het tweede geëindig terwyl die o.16-meisies algeheel derde geëindig het. Op die foto is die gemengde span bestaande uit Donovan du Plessis, Monica Hoon, André Conradie (kaptein) en MC Coetzee.

 

Hoërskool Warmbad se jukskeispan het die afgelope naweek in Polokwane aan die Limpopo-proewe deelgeneem. Twee van die Warries, Richelle Conradie (gr. 10) en Liandri Basson (gr. 8), is gekies vir die o.19 B-span. Op die foto is Linrie Ridder, Brenda Fourie, Liandri, André Conradie, Donovan du Plessis, Richelle en Monica Hoon.

 

Vier langasematlete van Laerskool Nylstroom is gekies om op 6 en 7 September aan die Suid-Afrikaanse landloopkampioenskap in Port Elizabeth deel te neem. Voor is Marli Groenewald en Kayla van der Merwe en agter staan Mizelle Groenewald en Gerdu de Lange.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button