GalleriesSchools galleries

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele uitblinkers.

Elsabé Stegmann is die nuwe aflosonderwyser wat dié kwartaal by Laerskool Vaalwater skoolhou. Sy gee wiskunde vir die gr. 5-7-klasse.

 

Dié toneelgroep van Hoërskool Nylstroom het tydens die Eugène Marais-kultuurfees in Mookgophong 96% behaal. Hul deelname aan die ATKV Waterberg-kunstefees het hulle ’n A+-simbool besorg. Die leerders het ook tydens die ATKV-tienertoneel in Pretoria toekennings ontvang. Op die foto is Michael van der Bergh, Kaiden Barthram, Ivan Schoeman, Christa Marx, Renske Gomes (onderwyser), Aldi Serfontein, Lydia Mothapoen en Jowiné Bezuidenhout. Aldraé van Vuuren was afwesig met die neem van die foto. Foto: Herman Steyn

 

Hierdie leerders is Hoërskool Nylstroom se uitvoerende komitee vir 2019. Voor is Keletso Mokgahlane, Pontsho Morewane, Charles Baloyi, André Diamond, Christie van Staden, Johnny Molele, Stephan Schmidt, Franco Botes, Franco Venter en Kaiden Barthram. Agter is Lydia Mothapo, Da’Niel Louw, Leonette Vosloo, Nadia Fouché, Lindi Brits, Elsie Lekala, Molebogeng Mosaka, Sammy Findlay, Aldi Serfontein en Thoriso Bambo. Miko Keulder was afwesig met die neem van die foto. Foto: Herman Steyn

 

Tshepo Ncube, Keletso Mokgahlane, Thapelo Moeng, Jané van Staden en Marné van der Merwe is Hoërskool Nylstroom se nuwe koshuisleiers vir 2019. Foto: Herman Steyn

 

Kaiden Barthram (huistaal: voorbereid) en Lydia Mothapo (addisionele taal: onvoorbereid), leerders aan Hoërskool Nylstroom, het hulself deeglik laat geld tydens die ATKV-redenaarskompetisie se nasionale kompetisie in Buffelspoort. Hulle was twee van die land se beste sprekers uit 25 deelnemers.
Foto: Herman Steyn

 

Aldi Serfontein en Kaiden Barthram, leerders aan Hoërskool Nylstroom, het hul Springboktoekenning in Landsdiens verwerf. Foto: Herman Steyn

 

Laerskool Eugène N. Marais se senior- en juniorkoor het pragtige prestasies behaal tydens drie groot feeste waaraan hulle deelgeneem het. Hulle het op Dinsdag 7 Augustus aan die Eugène Marais-kultuurfees se toonkunsafdeling deelgeneem. Die juniorkoor het ’n A++ ontvang terwyl die seniorkoor ’n A+ ontvang het. Albei kore het tydens die Limpopo Eisteddfod in Polokwane op Maandag 20 Augustus ’n B ontvang. Die kore het ook op Maandag 27 Augustus tydens die Waterberg ATKV-kunstefees in Bela-Bela opgetree en A+-simbole ontvang. Op die foto is die juniorkoor saam met hul koordirigent Bessie Buys (middel) en begeleier Toeks Erasmus (regs). Die seniorkoor se begeleier is Christo Stolz.

 

Die gr. 5V-klas van Laerskool Eugène N. Marais in Mookgophong kan hul sê sê. Hulle het tydens die Eugène Marais-kultuurfees ’n A++ (hoogste lof) vir hul spreekkooritem ontvang. By hulle op die foto is Elsa van der Merwe, onderwyser.

 

Hoërskool Warmbad se toneelgroep, 12 Briesende Varke, het in Augustus in die Staatsteater in Pretoria tydens die Youth Arts Festival opgetree. Hulle het ook aan die ATKV Waterberg-kunstefees deelgeneem en ’n A++ verwerf, asook ’n brons by die ATKV-tienertoneel. Hulle afrigter en organiseerder is Priscilla Botha, onderwyser by die skool.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button