Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in en om die Waterberg?

Die duurste Tipe 5 Dorperram is tydens die onlangse veiling by die Warmbad Veemark-skou deur Kowie de Witt vir R42 000 aan Hannes van Staden van Tiegerpoort Boerdery verkoop. Op die foto voor is die hanteerder Willem Potgieter. Agter staan Stefan Greyling (Vleissentraal Bosveld-afslaer), Van Staden met Marthinus, De Witt en Kobus Potgieter (veilingskoördineerder).

 

Inwoners wat hul verkyk aan die groot verskeidenheid clivias, oftewel boslelies, wat beskikbaar is of die verskil tussen oranje, perske, rooi en geel, wil leer, loer gerus in by Ans Jacobs se cliviakwekery in Kerkstraat, Modimolle. Die blomme kan elke dag van die week, behalwe Sondae, bekyk word, maar maak liefs vooraf ’n afspraak. Daar sal ook clivias te koop wees en ’n deel van die opbrengs word aan Die Pos se Kinderfonds geskenk. Vir meer inligting bel Jacobs by tel. 082 372 0765.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button