GalleriesSchools galleries

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele uitblinkers.

Hierdie leerders van Hoërskool Hans Strijdom het goed tydens die Eugène Marais-kultuurfees presteer. Voor is Shana Stassen (formele poësie B+), Marline Kritzinger (formele poësie A++) en Mené Lombard (formele poësie A+, gedramatiseerde poësie A en samespraak A). Agter is Charisse O’Callaghan (bladlees prosa A+), Heima Pretorius (redenaars A+++, bladlees prosa A+, bladlees poësie A, gedramatiseerde poësie A++, formele poësie A++. Bybelse prosa A++), Theunis van Wyk (formele poësie A++, bladlees prosa A+, bladlees poësie A+, redenaars A), Micke Hofmeyr (formele poësie A++) en Elzette Pretorius (samespraak A+). Kayla Fourie (bladlees prosa A, bladlees poësie B+) en Elandri Hermann (samespraak A+) was afwesig met die neem van die foto.

 

Die gr. 4M-klas van Laerskool Eugène N. Marais in Mookgophong het tydens die afgelope Eugène Marais-kultuurfees as ’n spreekkoor deelgeneem en ’n A+ ontvang. By hulle is hul onderwyser, Esti Muller.

 

Die senior spreekkoor van Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong het tydens die Eugène Marais-kultuurfees 98% verwerf. Heel voor is Wynand Schalekamp. In die tweede ry is Ruleen Rautenbach, Jacques, Stevan Dreyer, Jannes Smith, Lené de Bruin , Marco Ras, Andri van Emmenes, Ané Pretorius en Lian Pretorius. In die derde ry is Juwan Kuhler, Minette Tolmay, Stephan Roux, Cara van Rooyen, A.J. Loots, Lani Briel, Nico Labuschagne, Ruan Swann en Victor van Dyk. Agter is Rencia Kruger (afrigter), Juan-re du Plooy, Chinika Pretorius, Izabella Rentroia, Kayla Pretorius, Michelle Peens, Juané Kuhler, Stephan van der Merwe, Elodie van Emmenes en Santie de Vos (afrigter).

 

Leerders aan Susan Strijdomskool in Modimolle bedank almal wat voorraad vir hul kunsklasse by die skool en Die Pos se kantoor in die dorp afgelaai het. Dié oulike huisie, wat van toiletpapierrolle gemaak is, is een van die projekte wat die kinders aangepak het en staan nou trots by Die Pos se kantoor. “Ek het hieraan begin werk terwyl die kinders om my gestaan het. Soos wat ons gevorder het, het hulle kreatief geraak en hul eie idees gekry hoe om dakteëls vir hul eie huise te maak of hoe om dit te bou. Al die skenkings het baie gehelp!” het Fredrich Nezar, kunsonderwyser, gesê. Die skool het vroeër gevra dat inwoners oorskiet verf, krale, blinkers, proppies, karton en so meer aan hul skenk.

 

Hoërskool Warmbad het aan die begin van die kwartaal drie nuwe personeellede by die skool verwelkom. Op die foto is Marie-Louise du Plessis (Afrikaans vir gr.11 en 12), Alet Erasmus (Afrikaans vir gr.10 en gr.12) en Jeanne Bekker (skeppende kuns vir gr.8 en gr.9, asook toerisme vir gr.10 en gr.12-leerders).

 

Só lyk Laerskool Eugène N. Marais in Mookgophong se slimkoppe. Die skool se toppresteerders vir die tweede kwartaal op akademiese gebied was Marnus Law, gr.4 (93%), John Victor Lombard, gr.5 (84%, Heinrich Bodemer, gr.6 (92%), en Caitlyn Hunter, gr.7 (87%).

 

Die gr. 2 B-klas van Laerskool Eugène N. Marais in Mookgophong het tydens die afgelope Eugène Marais-kultuurfees as spreekkoor deelgeneem en ’n A+ ontvang. Hul onderwyser is Bessie Buys.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button