GalleriesSchools galleries

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele uitblinkers.

Die leerders aan Hoërskool Nylstroom wat die beste in hul grade gevaar het vir die tweede kwartaal is Magdelyn van Heerden (gr. 8) met ’n gemiddeld van 89,33%, Janique Erasmus (gr. 9; 93,89%), Tshireletso Chauke (gr. 10; 80,86%), Miko Keulder (gr. 11; 87,14%) en Mart-Marie Kotzee (gr. 12; 84,43%). Die toptienleerders in elke graad se name is op die skool se webwerf by www.nylienuus.co.za beskikbaar.

 

Hierdie leerders aan die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong het almal tussen 85% en 89% tydens die pas afgelope Eugène N. Marais-kultuurfees behaal. Voor is Andri van Emmenes, Sanri de Vos, Mia Botha, Mika van Jaarsveld en Jessica Potgieter. Agter is Ané Pretorius, Chinika Pretorius, René Smal en Chané Loots. Melissa Luther en Harrich Pretorius was afwesig met die neem van die foto.

 

Hierdie kultuurleerders van die Waterbergskool vir CVO in Modimolle het op Saterdag 28 Julie aan die gewilde streekkultuurfees in Pretoria deelgeneem en van ’n B+ tot ’n A+++ behaal. Voor is Colin Boshoff, Henru Botha, Christiaan Prinsloo en Liam Murray. In die middel is Mia Prinsloo, Melienke Vermaak, Zhaneardt Grahan, Anzelle Coetzer, Marnus du Plessis en Mckayla Vermaak. Agter is Lesley Maritz, Simoné du Plessis, Cecil Botha, Marioné van Rooyen, René Jooste en Liechané del Frate.

 

Ané Pretorius, Jacques van Wyk, Mia Botha en Khloe Potgieter, leerders aan die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong, het almal bo 90% behaal tydens die pas afgelope Eugène N. Marais-kultuurfees. Melissa Luther was afwesig met die neem van die foto.

 

Hierdie leerders van die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong het almal bo 95% behaal tydens die pas afgelope Eugène N. Marais-kultuurfees. Hulle is Ané Pretorius, Mia Botha, Elodie van Emmenes en Stiaan Pretorius.

 

Zhaneardt Grahan, Marioné van Rooyen en Henru Botha van die Waterberg Skool vir CVO het op Saterdag 18 Augustus aan die landwye BCVO-kultuurfees, wat by die skool in Modimolle gehou is, deelgeneem. Skole van sover as Lichtenburg en Bloemfontein het aan die fees deelgeneem. Marioné het besonder goed presteer en ’n A++ vir haar sangsolo behaal.

 

Die laerskoolredenaars van die Waterberg Skool vir CVO in Modimolle het op Saterdag 18 Augustus aan die landwye BCVO-kultuurfees, wat in die dorp gehou is, deelgeneem. Voor is Melienke Vermaak, Maddie Hugo, Mia Prinsloo en Anzel Coetzer. Agter is Henru Botha en Lenel du Plessis. Almal het baie goed gedoen. Henru en Mia het elk ’n punt van bo 80% behaal.

 

Die Waterberg Skool vir CVO se hoërskoolleerders het op Saterdag 18 Augustus aan die redenaarskompetisie deelgeneem wat deel is van die landwye BCVO-kultuurfees wat in Modimolle gehou is. Op die foto is Adriaan Roets, Marioné van Rooyen, Cecil Botha en Colin Boshoff. Liechané del Frate was afwesig met die neem van die foto.

 

Daniel Buys, ’n leerder aan Hoërskool Hans Strijdom het tydens die Eugène N. Marais-kultuurfees aan die toonkunsafdeling deelgeneem en goed presteer. Hy het ’n B+ vir klavierstukke barok, ’n A+ vir klassiek en ’n A+ vir hedendaags behaal. Hy het ook ’n A++ vir sy solo met klavierbegeleiding, asook vir sy duet behaal. Daniel het verder die hoogste lof ontvang vir uitsonderlike klavierbegeleiding.

 

Hierdie redenaars aan die Waterbergskool vir CVO in Modimolle het die skool op Saterdag 28 Julie tydens die streekredenaarskompetisie in Pretoria verteenwoordig en puik presteer. Voor is Henru Botha en Adriaan Roets. In die middel is Mia Prinsloo, Melienke Vermaak, Anzelle Coetzer, Lenel du Plessis, Madison Hugo en Mckayla Vermaak. Agter is Christiaan Prinsloo, Colin Boshoff, Cecil Botha, Marioné van Rooyen, Liechané del Frate en Juany Janse van Vuuren.

 

Thilize van der Heever en Robyn Brooker, leerders aan Hoërskool Warmbad, het baie goed presteer tydens die redenaarsinterhoër wat op Dinsdag 31 Julie in Lephalale plaasgevind het. Thilize het ’n tweede plek in Afrikaans onvoorbereid verower en Robyn ’n derde plek in Engels voorbereid.

 

Hierdie drie leerders van Hoërskool Warmbad het op Maandag 6 Augustus aan die Eugène N. Marais- kultuurfees in Mookgophong deelgeneem en puik prestasies behaal. Hulle is Nadia Terblanche (vier toptoekennings vir klavier), Ruben Jooste (twee toptoekennings vir viool) en Dominique Nortjé (vyf toptoekennings vir klavier en blokfluit).

 

Hoërskool Warmbad het sy top akademiese leerders van die tweede kwartaal in elke graad aangewys. Voor is Grizel Lepart (gr. 10), Marijke Vosloo (gr. 8) en Angelique Louw (gr. 9). Agter is Jude Schabort (gr. 12) en Christiaan Vosloo (gr. 11).

 

Dié drie leerders van die Hoërskool Warmbad-musieksentrum het puik uitslae vir hul Unisa-musiekteorie-eksamen behaal. Hulle is Marijke Vosloo (97%), Henrique Huisamen (92%) en Dominique Nortjé (95%). Hulle is almal op die Unisa-ererol geplaas. Marijke en Dominique se name verskyn ook op die lys van Unisa-uitblinkers vir 2018.

 

Zhaneardt Grahan, ’n leerder aan die Hoërskool Warmbad-musieksentrum, het tydens die Eugène N. Marais-kultuurfees puik toekennings van hoër as 95% vir sy klaviersolo’s behaal.

 

Altesame 18 leerders van Hoërskool Nylstroom het in Julie die provinsiale Landsdienskamp by Badseloop bygewoon. Aldi Serfontein en Kaiden Barthram is vereer met die gewilde Springbok-toekenning vir Landsdiens. Die klub het altesame tien goue, 16 silwer en drie leierskapprestasies ontvang. Vier van die ses seniorlede, Aldi, Lienkie Prinsloo, Kaiden en Clement Mabotja, is gekies om die nasionale kamp in Desember in Jeffreysbaai by te woon. Twee juniors, Zandré Coetzer en Tabane Matabane, is gekies vir die einde van die jaar se nasionale kamp. Hulle het ook die wisseltrofee ontvang vir die aktiefste hoërskoolklub in Limpopo.

 

Bosveldspruitjies Kleuterskool in Bela-Bela het vir Odelia Greyling, ’n nuwe onderwyser, by die skool verwelkom. Sy help as assistent by verskeie klasse. Die skool wens haar alle sterkte toe met die nuwe begin.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button