GalleriesSchools galleries

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele uitblinkers.

Waterberg Academy in Vaalwater het op Woensdag 1 Augustus en Donderdag 2 Augustus ’n verhoogstuk op die planke gebring. Dit was ’n wonderwêreld vol kreatiwiteit en talent. Hier voer die junior primêre groep The Selfish Ladybug op terwyl Elsabé Stegmann die klavierbegeleiding behartig.
Die junior spreekkoor van die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong het pragtig gepresteer tydens die Eugène N. Marais-kultuurfees en het 96% behaal. Voor is Stiaan Pretorius, Khianke Janse van Rensburg, Lumé Venter, Nikla Janse van Vuuren, Mika van Jaarsveld, Khloe Potgieter en Miné Jacobs. In die middel is Liam Pretorius, Renier Pieterse, Lize Janse van Vuuren, Riek Buitendag, Nicone Labuschagne, Jessica Potgieter, Luwellen van Dyk en Nicole Louw. Agter is Santie de Vos (afrigter), Michiel Genis, Mia Botha, Chané Loots, Liani Erasmus, A.J. van Jaarsveld, Sanrie de Vos en Rencia Kruger afrigter).

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button