GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Die Waterberg Karate Academy is trots op die 11 karatekas wat gekies is vir die JSKA nasionale ontwikkelingspan. Die span het Suid-Afrika op Saterdag 23 Junie in Pretoria verteenwoordig waar hulle teen Mosambiek en Zimbabwe meegeding het. Hierdie karatekas het goud of silwer vir kata en kumite verower. Voor is Juan Muller. In die middel is Tiaan Jooste, Lizerie Jooste, Llewellyn Nel, Shaun-Rico Farinha en Ethan Gouws. Agter is Michael Carr, Eddie Kotzé, sensei Nico von Stade, Paul Kotzé en Charneé von Stade.
Hierdie twee leerders van die die Waterbergskool vir CVO in Modimolle, Melienke Vermaak (8) en Soné Crafford (7), het hul BCVO landwye kleure vir atletiek verwerf. Albei leerders het in die 600 m-naelloop presteer. Om dié prestasie te bereik, moet atlete tydens die Suid-Afrikaanse kampioenskap meer as 800 Atletiek Suid-Afrika-punte (ASA) verower. Melienke spog met 857 punte en Soné met 804. Hulle is die enigste twee leerders in die BCVO-streek wat dié uitsonderlike prestasie bereik het.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button