GalleriesSchools galleries

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele uitblinkers.

Hierdie leerders van die LPD Studio of Dancing, wat leerders aan Laerskool Warmbad, Hoërskool Warmbad, Laerskool Nylstroom en Laerskool Tuinplaas insluit, het op Saterdag 4 Augustus aan die kykNET Dans in jou taalkompetisie deelgeneem. Die kompetisie vind jaarliks plaas waartydens dansskole en dansers hul talente op televisie ten toon stel. Hierdie dansers van LPD het deurgedring om aan die finale ronde deel te neem. Voor is Marné Barnard, Meghan Smit, Danica Vivier, Renette van der Merwe en Amy Pringle. Agter is Christelee van der Westhuizen, Isabella van Niekerk, Whilma van der Merwe (afrigter en choreograaf), Chloé Pringle, Mikayla Smit en Thilize van der Heever.
Oud-Nylie Idalet Engelbrecht het in Mei vanjaar haar doktorsgraad in farmaseutiese chemie aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Engelbrecht het BPharm aan die universiteit studeer en het haar graad en meestersgraad met lof geslaag. Dié slimkop het in 2008 aan Hoërskool Nylstroom gematrikuleer waar sy ook onderhoofmeisie, asook Dux-leerder en Nylie van die Jaar was.
The Modimolle Christian Academy (Modicademy) celebrated a wonderful evening on Friday 3 August at their annual concert. The theme was “The Giving Tree”, a book by Shell Silberstein about a boy and a tree that kept on giving. The learners were dressed as the tree with leaves on their hands as they sang songs and quoted Bible verses. Different class groups performed their own dances.
Klein Treetjies kleuterskool in Modimolle se kleuters het onlangs meer oor sitrus geleer. Een van die ouers, Pieter van Wyk, het dié bielie van ’n pomelo saamgestuur skool toe.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button