GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Pieter Prinsloo en Pikkie Nortjé van die Naboom-rolbalklub is op Saterdag 21 Julie tydens ’n klubprysuitdeling as die klubkampioene van die jaar aangewys en met toekennings vereer.
Dié tuimelgimnaste van die Warmbad gimnastiek- en tuimelklub het op Saterdag 21 Julie aan die Aerialnastix Twisters Cup-kompetisie in Benoni deelgeneem en goed presteer. Hulle is Mckayla Vermaak (brons), Julie Marais (goud en silwer), Jessica Carr (silwer), Mia Strydom (goud) en Simone Maartens (brons).
Dié tuimelgimnaste van die Warmbad gimnastiek- en tuimelklub het op Saterdag 21 Julie aan die Suid-Afrikaanse Gimnastiek Federasie se distriktuimelkompetisie by die Matsportsentrum in Centurion deelgeneem en puik gevaar. Hulle is Albert Groothof (goud), Desiré Jacobs (silwer) en Amoné van Niekerk (goud).
Arina Botes, ’n vlak 4 ritmiese gimnas van die Ecarté-gimnastiekklub in Modimolle het gedurende Junie aan die Tocatta- en Wierdakompetisies in Pretoria deelgeneem. Sy het puik gevaar deur ’n algehele derde plek te behaal en twee tweede en een derde plek vir haar onderskeie apparate.
Megan Smith, ’n kranige netbalspeler van Laerskool Tuinplaas, is in die kleinskoleliga aangewys as Laerskool Tuinplaas en Laerskool Byzonderheid se beste o.7-netbalspeler van die seisoen.
So lyk die Ecarté-gimnastiekklub se vlak 1 tot 3 artistiese Noord-sonespan wat op Vrydag 15 Junie en Saterdag 16 Junie in Pretoria deelgeneem het. Hierdie gimnaste het hul kompetisieseisoen puik afgesluit deur altesame nege goue, agt silwer en vyf brons medaljes te verower. Die trotse gimnaste is Zúret Gilliland, Wuelamé Cilliers en Jacomien de Jager. In die eerste ry sit Liam de Villiers, Zardus Coetzee, Jenna-lee van Wyk, Desiré Coetzee, Nicolas Swart en Driaan du Plessis. In die tweede ry staan Liandi du Plessis, Tiané Ferreira, Isabella Fourie, Nina Schoeman, Anri Loots, Mia Fourie en Jenna Lee Schutte. Agter staan Kayleigh Weir, Emma Rossouw, Alissa de Villiers, Lindie Loots, Kiandra Doubell en Leoné Lottering.
Die o.16- Nylie-rugbyspan het op Saterdag 21 Julie tweede in die Limpopo-liga geëindig nadat Hoërskool Frans du Toit van Phalaborwa hulle in Polokwane geklop het. Die span van Hoërskool Nylstroom het gekwalifiseer om aan die Virseker Beker, die grootste skolerugbykompetisie vir Noordvaal-skole, deel te neem. By die span is die skoolhoof, Anton du Plessis, en die afrigters Wollie Booysen en Johan van Biljon.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button