GalleriesSchools galleries

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele uitblinkers.

Twee leerders van Laerskool Nylstroom het op Woensdag 18 Julie tydens Nelson Mandeladag ’n roerende huldeblyk gelewer op die dag wat dié wêreldbekende leier 100 jaar oud sou wees. Kalista Toet en Lorinda Broodryk het die huldeblyk eers by die laerskool gelewer en daarna tydens ’n byeenkoms by die O.R. Tambosaal in Modimolle, wat deur verskeie skole in die dorp bygewoon is. Buti Manamela, adjunkminister van hoër onderwys en opleiding, het verskeie skole in die omgewing saam met Marlene van Staden, burgemeester van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit, besoek.
Learners from the Eenheid Primary School in Modimolle were invited to participate in the Nelson Mandela Day activities in Modimolle. They did a presentation on the life of this great leader on Wednesday 18 July at the O.R. Tambo Hall at the Modimolle-Mookgophong Municipality. Principal Gerda Nel and one of the educators, Mirriam Shovote, accompanied them.
Melienke Vermaak van die Hoërskool Warmbad-musieksentrum het in Mei aan die Suid-Afrikaanse talentkampioenskap (Satch) se provinsiale ronde in klavier deelgeneem. Melienke het tydens die afgelope vakansie gehoor dat sy deurgedring het na die nasionale ronde wat in Oktober plaasvind. Sy word deur Hannelie Kriek onderrig.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button