GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Drie van die Ecarte-gimnastiekklub in Modimolle se tuimelgimnaste het op Saterdag 2 Junie in Benoni aan die gesogte Eagles-kompetisie deelgeneem. Mario Opperman was eerste met minitrampolien en tweede met tuimel, Rialet Potgieter was eerste met tuimel en Stiaan Opperman was derde met minitrampolien en derde met tuimel.
Bongani Tshabalala (13), ’n leerder aan Laerskool Warmbad, is gekies om deel te wees van die Suid-Afrikaanse biathlespan wat op Saterdag 23 Junie in Port Elizabeth deelgeneem het. Hy het tydens die byeenkoms 22ste geëindig. Bongani is deel van die plaaslike Olympia-atletiekklub.
Nadja Nortjé, ’n gr. 12-leerder aan Waterberg Academy in Vaalwater, het op Maandag 18 Junie erekleure vir boogskiet ontvang. Sy het haar junior Proteakleure vir dié sport ontvang en is ook vir die National Archery in the Schools Programme South Africa se nasionale span gekies wat Suid-Afrika van 9-11 Julie in Calgary, Kanada, tydens die wêreldkampioenskap verteenwoordig.
Marizé van Rooyen (11), ’n tuisonderrigleerder van Modimolle, het op 2 en 3 Junie, asook op 9 Junie, aan Tennis Suid-Afrika se Gauteng-Oos-minitoernooi in Benoni in die afdeling vir meisies o.14 deelgeneem. Sy het baie goed teen die ouer meisies gespeel en derde in die enkelspel geëindig. Sy is tans derde op die Gauteng-Noord-ranglys vir meisies o.12.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button