Community galleriesGalleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Petunia Sepato, eerste tennisspanspeler van die Nylies, is deel van die kookwaterspan wat met die Warries afgereken het. Foto: Herman Steyn
Danelle van der Merwe is deel van die Nylies se eerste meisietennisspan wat die span van die Warries geklop het. Foto: Herman Steyn
Die Y’Knots-netbalspan van Vaalwater het op Vrydag 25 Mei teen twee van die Naboom-netbalspanne in Mookgophong gespeel. Die Y’Knots het met 17-3 en 15-12 gewen. Voor is Carmien Herselman, Sammy Schultz, Anna-Mart Gouws en Alexi Rough. In die middel is Maliza van Coller, Christie Verster, Nanri Fourie en Charlene Willemse en agter is Melissa Venter. Kirsty Evans en Adel Hensley was afwesig met die neem van die foto.
So lyk die Ecarte-gimnastiekklub in Modimolle se vlak 1 tot 3 artistiese Noord-sone span. Hierdie gimnaste het Limpopo tydens die Noord-sone kampioenskap op 15 en 16 Junie in Pretoria verteenwoordig. Hulle het tydens die Limpopo-kampioenskap in Louis Trichardt op 25 en 26 Mei uitgeblink en drie algehele wenners opgelewer. Zúret Gilliland, in die middel voor, was die gimnas met die hoogste gemiddeld in vlak 3. Voor sit Kylie de Jager, Mia Fourie, Liam de Villiers, Renette van der Merwe, Anri Loots, Kiandra Doubell, Lindi Loots (wenner), Jenna-Lee van Wyk, Wuelamé Cilliers, Jenna Lee Schutte (wenner), Zardus Coetzee en Jacomien de Jager. Agter staan Nicolas Swart, Nina Schoeman, Liandi du Plessis, Emma Rossouw, Leoné Lottering, Alissa de Villiers, Desiré Coetzee, Christine de Jager, Isabella Fourie, Driaan du Plessis en Tiané Ferreira. Op die inlas is Mia Ferreira, Kaylin Groenewald en Kayleigh Weir.
Gimnaste van die Warmbad gimnastiek- en tuimelklub het op Vrydag 15 Junie en Saterdag 16 Junie aan die Suid-Afrikaanse gimnastiek federasie (SAGF) se Noord sone-kompetisie by die Matsportsentrum in Centurion deelgeneem. Talle gimnaste van Limpopo, Gauteng-Noord, Noordwes, die Vaaldriehoek en Mpumalanga het deelgeneem. Simoné Maartens het goud verower en Mckayla Vermaak is uit 97 ander gimnaste as die Noord-sone-kampioen gekies.
Hierdie o.9-rugbyspelers het medaljes ontvang vir hul goeie spel tydens Waterberg-sewesliga wat in Mookgophong gehou is. Hulle is Renier Pieterse (Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool), Evan Jonker (Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool), Jacobus Brits (Akademie Reformia) en Caser van der Walt (Laerskool Bysonderheid).
Adriaan de Lange (Laerskool Bysonderheid), Quinten Jansen van Rensburg (Akademie Reformia), André Brits (Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool) en Gerhardus Brits (Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool), almal o.11-rugbyspelers, het medaljes gewen as beste spelers tydens die Waterberg-sewesliga wat in Mookgophong gehou is.
Hierdie o.9 tot o.13-netbalspelers het almal medaljes ontvang as beste speler van hul span tydens die Waterberg-sewesliga wat in Mookgophong plaasgevind het. Voor is Chané Loots (Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool), Madelein Brits (Akademie Reformia), Imke Nel (Akademie Reformia), Kiandra Doubell (Waterberg Academy), Lencia Pienaar (Laerskool Bysonderheid), Andri van Emmenes (Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool) en Cayleigh Caroto (Akademie Reformia). Agter is Kayla Pretorius (Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool), Jané de Witt (Akademie Reformia), Lerato Makakaba (Waterberg Academy), Bernice Erasmus (Laerskool Bysonderheid), Chaldene Burger (Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool) en Charné Staub (Laerskool Bysonderheid).
Piet de Bruyn (Laerskool Bysonderheid), Ruben van Ree (Akademie Reformia), Adriaan Kloppers (Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool) en Ruan Swan (Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool), almal o.13-rugbyspelers, het medaljes gewen as beste spelers tydens die Waterberg-sewesliga in Mookgophong.
Shané Pinto (o.19) en Joey Tema (o.16), hokkiespelers van Hoërskool Hans Strijdom, is albei gekies vir die onderskeie Limpopo B-hokkiespanne.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button