Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in en om die Waterberg?

Dillan McKenzie het sy lyf brandweerman gehou tydens ’n uitstappie van die Kranskop Voortrekkers na die munisipale brandweerstasie in Modimolle. B.E. Monyela, een van die brandweermanne, het hom gewys hoe ’n ware brandweerman die vlamme blus.
Die Pos se kinderfonds het ’n groot kontantbedrag bygedra tot die leukemiebehandeling van oud-Nylie Claudette Findlay. Claudette is met limfoblastiese leukemie gediagnoseer terwyl sy as au-pair in Amerika gewerk het. Sy het daar behandeling ontvang en toe na Modimolle teruggekeer waar sy nou by haar ma, Annemarie Findlay, woon. Sy het nog maande se behandeling wat voorlê wat moontlik ’n beenmurgoorplanting insluit. Op die foto is Annemarie en Claudette en agter is die personeellede van Die Pos se Modimolle-kantoor Ronél van Jaarsveld (verslaggewer), Izobel van der Walt (ontvangsdame) en Petro Greeff (bemarker).

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button