GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Waterberg-sportgemeenskap in foto's.

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg-gebied.

Rolbalspelers het die naweek van 26 en 27 Mei in die Limpopo-meesterstoernooi in Polokwane meegeding. Chris O’Reilly van die Lekkerbreek-rolbalklub was eerste in die ope-afdeling en Ernest du Plessis van die Nylstroom-rolbalklub eerste in die seniorafdeling. André Kruger en Herman Jacobs van die Nylstroom-klub was onderskeidelik in die derde en vierde plek met kookwater spel.
Reinhard van Niekerk het ’n goud in kumite en brons in kata verwerf tydens die nasionale kampioenskap. Hy het ook in die o.13 elite-afdeling deelgeneem en goed gevaar.
Dié karatekas van die SAJKA-karateklub het hul klub en dorpe se name hoog gehou tydens die nasionale karate kampioenskap in Johannesburg. Voor is Altus Burger, Corné Burger en Diedrik van der Merwe. Agter is Sensei Stephnè Grobler en Cerise Burger. Cerise het ’n goud in kata en kumite gewen.
Altus van der Merwe het ’n silwer medalje vir kumite tydens die SAJKA nasionale kampioenskap verower.
Diedrik van der Merwe van die SAJKA Warmbad-Nylstroom-karateklub het ’n brons medalje vir kata tydens die SAJKA nasionale kampioenskap verower.
Die Ecarté-gimnastiekklub in Modimolle se vlak 1 tot 3 seunsgimnaste het almal tydens die eerste Waterberg-distrikkompetisie van sy soort die Waterbergspan gehaal. Hulle het op Saterdag 19 Mei in Thabazimbi deelgeneem en met drie algehele wenners, twee tweede plekke en vier algehele derde plekke het Ecarté se seuns hulle staal gewys! Voor staan Dirkie Nortman (derde), Fanie Venter, Zardus Coetzee (tweede), Arno Swart, Spencer Matthysen (derde), HP van Heerden (eerste) en Jan-Hendrik Scheepers (derde). Agter staan Cornel Scheepers (tweede), Nicolas Swart (eerste), Driaan du Plessis, Liam de Villiers (eerste), JD Malan, Henrico Lamprecht (derde), Kaden Hayes en Johannes Prinsloo. Liam (vlak 1) en Nicolas (vlak 3) is ook aangewys as die beste gimnaste van die dag in hul onderskeie vlakke.
Die vlak 1 artistiese meisies van die Ecarté-gimnastiekklub het geskitter tydens die Waterberg-distrikskompetisie wat op Saterdag 19 Mei in Thabazimbi plaasgevind het. Hulle is almal vir die Waterbergspan gekies wat op 25 en 26 Mei aan die Limpopo-kampioenskap deelgeneem het. Voor sit Jacomien de Jager (tweede), Mia Fourie, Kylie de Jager (eerste), Jenna Lee Schutte (eerste) en Renette van der Merwe (derde). Agter staan Desire Coetzee (tweede), Tiane Ferreira, Elzette Petzer, Isabella Fourie, Nina Schoeman (tweede) en Jenna-Lee van Wyk (eerste). Jenna-Lee is aangewys as die beste vlak 1-gimnas vir die dag.
Dié gimnaste van die Warmbad-gimnastiek- en tuimelklub het op Saterdag 26 Mei aan die Limpopo-kampioenskap in Louis Trichardt deelgeneem. Mckayla Vermaak (links) het ’n goue toekenning behaal, Simone Maartens (middel) brons en Mia Strydom (regs) ook brons. Mckayla het ook ’n algehele derde plek tydens die kompetisie behaal. Al drie gimnaste is vir die Limpopo-span gekies wat op 14-16 Junie aan die Noord Sone-kompetisie gaan deelneem.
Die eerste seunshokkiespan van Hoërskool Warmbad het amptelik op Dinsdag 29 Mei as ligawenners van die kleinskoleliga uitgetree nadat hulle Curro Heuwelkruin, Southern Cross, Pepps Preparatory School and Col-lege, Hoërskool Frans du Toit en Hoërskool Eric Louw in ses ligawedstryde geklop het. Op die foto is die span ná hul laaste sege teen Curro Heuwelkruin.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button