Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat doen ons mense?

Ons kyk na die afgelope week se doen-en-late in die Waterberg-gemeenskap.

Rolbalspelers het die naweek van 26 en 27 Mei in die Limpopo-meesterstoernooi in Polokwane meegeding. Chris O’Reilly van die Lekkerbreek-rolbalklub was eerste in die ope-afdeling en Ernest du Plessis van die Nylstroom-rolbalklub eerste in die seniorafdeling. André Kruger en Herman Jacobs van die Nylstroom-klub was onderskeidelik in die derde en vierde plek met kookwater spel.
Lede van AfriForum se Warmbad-tak, asook die Roodekuil, Turfbult en Langkuil-buurtwag (RTL), het veiligheidsopleiding buite die dorp ondergaan. Ongeveer 30 mense het aan die opleiding deelgeneem, wat van selfverdediging tot wapen-vaardigheid gewissel het. Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo, het gesê dit is belangrik vir AfriForum-buurtwaglede om te alle tye binne die raamwerk van die wet op te tree en om die regte opleiding te ontvang. Janes Boshoff, AfriForum-takvoorsitter in die dorp, het gesê die buurtwagte is daar om saam met die polisie ’n verskil te maak en hoe meer mense betrokke is, hoe groter is die doeltreffendheid. Op die foto is die groep wat opleiding ontvang het.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button