GalleriesSchools galleries

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele uitblinkers.

Kyk hoe presteer ons leerders.

Dié leerders van Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong het op Donderdag 26 April aan die Podium pret-redenaarskompetisie by Hoërskool Hans Strijdom deelgeneem en pragtige uitslae behaal. Hulle is almal genooi om weer in September in die Paarl deel te neem. Voor is Kloé Potgieter, Mia Botha en Andri van Emmenes. Agter is Lianie Erasmus, Elodie van Emmenes en Izabella Rentroia.
Hierdie leerders van die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong het op Donderdag 3 Mei aan die eerste ronde van die ATKV-redenaars deelgeneem. Voor is Kloé Potgieter, Jacques van Wyk, Mia Botha, Andri van Emmenes en Lianie Erasmus. Agter is Lani Briel, James Briel, Elodie van Emmenes en Izabella Rentroia. Lianie het na die volgende ronde deurgedring
Die jongspan by Klein Treetjie-kleuterskool in Modimolle het op Woensdag 23 Mei besoek van die polisie ontvang. AO James Findlay, sers. Johnny Ward, kapt. Piet Schoeman en sers. Esti Ward het hulle vertel wat polisiewerk behels en hulle het die kans gekry om agter in ’n vangwa te klim.
Laerskool Vaalwater het deurgedring na die semifinale ronde van die South African Agency for Science and Technology Advancement (SAASTA) se astroQuiz wat op Vrydag 27 Julie plaasvind. Die finale nasio-nale ronde vind op 3 en 4 Oktober plaas. Hier eet die vier deelnemers van Laerskool Vaalwater roomys ná hul suksesvolle deelname aan die tweede ronde by die Modimolle-distrikskantore. Van links is HG de Wet, Stefan Swanevelder, Kyra le Roux en Charné Verster.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button