CrimeNews

Verdagte wat inbreek glo aan polisie bekend

Die poskantoor in Bela-Bela het weer onder inbrekers deurgeloop.

Volgens die Bela-Bela-polisie is daar tussen Saterdag 24 November en Maandag 26 November by die poskantoor ingebreek deur ’n venster aan die agterkant van die gebou te breek en so toegang tot die gebou te verkry. Die inbreker het op sy tyd pakkies van kliënte oopgemaak en gekies wat hy wou buit.

Volgens Sonja Smalberger, poskantoorbestuurder, kan daar meer as 50 pakkies wees waarvan die inhoud verlore is. Baie van die pakkies het eetgoed, drinkgoed, medikasie en juwele bevat.

Lt. kol. Abel Phetla, speurtakhoof, vermoed dat ’n sekere verdagte wat voorheen tronkstraf vir verwante misdade uitgedien het, dalk verantwoordelik is vir die diefstal. Phetla het gesê dit is vreemd dat die misdaad skielik gebeur het kort nadat die verdagte, wat aan die polisie bekend is, onlangs vrygelaat is. Hy het gesê die polisie kan nie in hierdie stadium meer oor die ondersoek sê nie.

Smalberger het gevra dat kliënte wat vermoed dat daar met hul pakkies gepeuter is, asseblief met die poskantoor in verbinding sal tree.

Related Articles

Back to top button