Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in en om die Waterberg?

Nie ’n haar uit sy plek nie. ’n Groep vroue beman elke Vrydag die haarsalon by die Residentia Waterberg-tehuis op Modimolle. Hulle gee van hul eie tyd om dié diens gratis aan die inwoners te lewer. Dié diens word reeds dekades deur inwoners van die omgewing aangebied. Een van die tehuis se inwoners, Anna Bornman, het op Dinsdag 13 November ’n dankseggingstee gehou om die weldoeners te bedank. Voor op die foto is Bornman. In die tweede ry staan die haarkappers Hannetjie Boshoff, Karien Hattingh, Pam le Roux, Erna van Wyk, Berta McClintock en Marie Venter. Agter is kuiergaste Susan Vermaak, Heilie Richter, Gawie Richter en Henry Meistrè.

 

Hannatjie Kruger van Mookgophong het die afgelope week haar 90ste verjaarsdag by die Gereformeerde Kerk se kerksaal gevier. Daar was familie en vriende van heinde en ver. ’n Baie spesiale koek is vir dié geleentheid gebak. Kruger was onlangs in Die Pos nadat sy haar rybewys op 89-jarige ouderdom laat hernu het.

 

Die Dameskring-Modimolle se nuwe bestuur is onlangs verkies. Hulle is Elsa Greyling (tesourier), Anni Niewenhuis (sekretaresse) en Alita Rose (voorsitter). Die vroue het op Maandag 26 November hul afsluiting by die Weesgerus-vakansieoord gehou ná ’n bedrywige jaar. Die vroue het daarna pakkies by Ons Hoop-tehuis afgelewer. Nuwe projekte wat in 2019 aangepak sal word, sluit onder meer ’n handsakprojek in. Handsakke met noodsaaklike items sal aan behoeftige vroue oorhandig word. ’n Skryfskool word in Maart aangebied en later in die jaar word ’n ma-en-dogteroggendtee gehou. Die eerste vergadering van die nuwe jaar word op Maandag 21 Januarie gehou. Belangstellendes is welkom en kan tel. 082 552 8049 skakel vir meer inligting.

 

’n Swaarvoertuigkonvooi met ’n reusetransformator op het op Maandag 3 Desember in die rigting van Modimolle, op die R33, beweeg. Die konvooi het vir etlike dae in Vaalwater gestaan en reaksie van sakelui ontlok, omdat die reusagtige konvooi van die geboue verdwerg en versteek het. Marlene van Staden, burgemeester van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit, het gesê die abnormale vrag het die oggend om 08:17 uit Vaalwater vertrek en die konvooi het twee ure later slegs tot by die bokmelkplaas, op die grens van Vaalwater en Modimolle, gevorder. Dit is nie seker waarheen die vrag op pad was nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button