CrimeNews

Besondere grafsteen geskend en graniet gesteel

“Die Bybel uit graniet met graveerwerk daarop, wat bo-op die blad was, is afgebreek en langs die graf neergesit.”

Dit was ’n groot ontnugtering vir Poppie Wood van Mookgophong, toe sy haar seun se graf besoek en vind dat die pragtige granietgrafsteen gesteel is.

Frik Wood is op 30 Oktober 2007 in ’n motorongeluk dood en is in die ou begraafplaas in die dorp begrawe. Volgens Poppie besoek sy gereeld elke maand, en soms twee keer per maand, die graf. Toe sy egter op Vrydag 23 November daar aankom, het sy gevind dat die pienk en swart gevlekte granietblad verwyder is. Wood het die vorige week ook die graf besoek en toe was dit nog daar.

“Die Bybel uit graniet met graveerwerk daarop, wat bo-op die blad was, is afgebreek en langs die graf neergesit,” het sy aan Die Pos gewys.

’n Groot arend, ook uit graniet, aan die bokant van die graf, is gelukkig onaangeraak gelaat.

Sy het gesê daar was voorheen pogings om die grafsteen te verwyder en sy moes dit al vroeër laat herstel.

Volgens Flip Wood, Frik se broer, het van sy pa se werkers op Dinsdag 20 November onraad gemerk. Daar is ’n voetpad langs die begraafplaas waar voetgangers werk toe stap, maar dit is breed genoeg vir ’n voer-tuig om daar te ry.

Willie Wood, Frik se pa, het gesê dat hulle nou maar net stene om die graf gaan bou en met klippies sal vul.

Naby die geskende graf is die lemmetjies-draad platgetrap en die Woods vermoed dat die grafsteen tot daar gedra en toe per motor verwyder is. Die Woods het ’n klag van diefstal en grafskending by die polisie in Mookgophong gelê. Poppie vra dat enigeen wat kan help met die ondersoek, die polisie moet skakel by tel. (014)743 9000.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button